Monday, August 31, 2009

Skool toe.


Prinsies en Prinsessies, dis die naam van jou skool waar jy môre begin. Sjoe, ek kan nie glo na 23 weke saam met jou is vandag die laaste dag wat jy heeldag by die huis is nie. Ek sien nie baie uit na môre nie en Pappa ook nie, maar dit moet een of ander tyd gebeur.
Maar ons weet jy is reg, want jy gee glad nie om om na enige iemand te gaan nie, is nie skaam nie en ook nie "huis-vas" nie. Jy glimlag vir enige iemand en is gemaklik in enige iemand se arms. Darem is dit net halfdag, hier en daar sal ek jou dalk net bietjie langer los, want dan moet ek bietjie swot, maar andersins tel ek jou weer so 1 uur môre middag op.
Ek het nog so paar goedjies om te gaan koop vandag wat jy moet saamvat, maar basies is alles nou al reg, môre moet nou net aanbreek (stadig).
Wel, ek glo dit gaan goed gaan, Pappa vat 'n halwe dag verlof, want ek dink nie ons sal dit oorleef nie, ons is nie bekommerd oor jou nie, want ons weet jy sal okay wees, ons is bekommerd oor ons! Ons is klaar na aan trane...
Laaste dag my engel, kom ons geniet hom!
Liefde
Mamma

1 comments:

Kim said...

Liewe Joshua

hoop jy geniet jou eerste dag van skool ...

groete
xoxoxo