Monday, August 24, 2009

5 maandjies!



Kan nie glo nie, soos elke ander maand, dat jy nog 'n bietjie ouer is nie...

Ons het gister lekker by Oom Jacques en Tannie Lieza gaan kuier. Die boellies het nie geweet wat om met hier die babatjie te maak nie...

Jy het lekker sommer so tussen die bome in jou jumper gespring en ons het gebraai. Was 'n heerlike dag.

Oor 'n week gaan jy skooltoe, sien GLAD nie uit na daai een nie, maar nou ja. Ek voel tog beter daaroor, want soos Pappa sê, jy voel net nou 'n bietjie meer "solid" as op 4 maande, DIT sou vir ons dalk baie erger gewees het, maar nou is jy bietjie groter en dit voel beter... Ek is gerus...

Jy drool nog soos 'n champ, die kliniek suster se die tande is defnitief besig om in die kaste in te beweeg, maar nog nie heeltemal reg vir sny nie, so ons wag geduldig.

Jy het nou nie so goed opgetel soos ek sou wou he jy moes nie, maar sy was nie te bekommerd nie, het net 40g opgetel van 16 weke se weeg tot 21.5 weke se weeg. Jy was 6.45kg en nou 6.49kg. Alhoewel ek met kossies al begin het, maar sy se dit is nie so voedsaam nie, alhoewel dit jou "vol" maak, en dan wil jy nie so baie melkies drink nie. So ons het nou opgehou met die kossies, net pap in die oggend en verder net melk. Ek borsvoed jou nog, so dit gaan goed, en in die oggend kry jy net bietjie ekstra formule. Ek het ook aaaaaaaalllllll my dae gehad om jou dit gedrink te laat kry en na 'n lang gesukkel agtergekom jy wil eerder uit 'n standard bottel NUK drink, nie die wye nek nie, baie weird, maar toemaar. Jy drink nou, so alles is gesort!!

Lievijou! Mamma!

3 comments:

Zeu said...

Baie geluk met jou "Vermaandag" klein Josh. Jou foto'tjie so onder die bome is pragtig :)

Evelyn said...

Happy 5 months Josh!!!!

Martie xxx said...

So pragtig tussen die bome!

Jy is adorable!

Baie geluk met jou 5 maarsdag!

xxx