Ons het Saterdag gaan kyk na baba hondjies in Sasolburg, die idee was net om te kyk, solank, tot jou verjaarsdag, want ons wil graag vir jou 'n honjie koop as eerste verjaarsdag geskenk. Wel, kyk het nie by kyk gebly nie en ons het sommer klaar vir jou 'n hondjie gekry, 'n labrador. Sy naam is Sam en hier is julle eerste foto's saam op die eerste dag van ontmoeting. Julle het alte lekker gespeel. Ons hoop Sam pas jou mooi op en dat julle goeie maatjies sal wees.



Wednesday, February 17, 2010
Sam
Posted by Monzelle de Villiers at 5:34 PM 0 comments
Thursday, February 4, 2010
Handjies klap!!! (en 'n hoes)
Kyk hoe mooi klap jy handjies! (Terwyl Mamma bestuur, hulle sê 'n vrou kan meer as een ding doen, jou entertain, bestuur, saam jou handjies klap en jou afneem!)
As ons hoes, dan hoes jy ook, asof jy nou VERSKRIKLIK siek is ewe skielik!
Jou 6de tandjie (regs bo, langs die voortand) het ook sy opwagting gemaak, ek het hom gister vir die eerste keer gesien, maar ek dink hy het al 'n dag of twee vroeër gesny, jy was net te skaam om dit te wys, so ek teken tand 6 aan as: 2 Februarie 2010.
Jou partytjie uitnodiging is klaar en Mamma sal later wys hoe lyk die finale produk!
Lief vir jou gogga!
Posted by Monzelle de Villiers at 8:40 AM 1 comments
Monday, February 1, 2010
Scrapbook




Jy het op presies 10 maande begin hande klap en jy geniet dit so, as ek sê: handjies klap, dan klap jy! Jy is te oulik!
Dan het ons nou ook begin om vir jou Parmalat First Growth melkies te gee in die aande, jy hou daarvan! Yummy!
Mamma is so lief vir jou! Een van die dae hou ons partytjie, ek kan dit nie glo nie, ek moet hierdie week jou uitnodigings laat druk en dan kan ons begin beplan en koop aan al die dinge.
Lief vir jou my skat!
Posted by Monzelle de Villiers at 6:55 PM 3 comments