Monday, October 3, 2011

Droeë boude

Jy slaap nou al 2 aande sonder 'n doek en bly droog deur die nag, YEAH!!!

Ons het die hele laas week elke oggend net 'n droeë doek afgehaal in die oggend, so ons het besluit dit is tyd om die doek te los.

4 September het jy ook vir die eerste keer gestaan en pieps...

Mamma en Pappa is so trots op jou!

Monday, September 26, 2011

Nuwe klassie!

Vandag is dit 1 week nadat jy aangeskuif het na die nuwe klassie. Jy is nou by Juffrou Jeannie in die saal. Mamma en Caroline het lekker gehuil. Ons gaan haar baie mis. As iemand jou gevra het wie is jou beste maatjie, dan het jy gesê: "Caroline"

Dit was maar 'n moeilike week gewees, party oggende was dit swaar om jou af te laai en te los, jy was nie baie gelukkig nie, anders oggende was dit weer makliker. Maar ek dink ons begin nou wen. Jy is klaar tuis met Liesbet en solank ek jou aflaai voor die klok lui en die hele skool se kinders in die saal inboender om bietjie te sing, is jy gemaklik.

Klink darem vir my of daar nog 2 maatjies vandag afskuif en volgende week ook 2. Jy het saam met 2 maatjies geskuif laas week, maar dit is nie regtig maatjies waarmee jy speel nie. Nou sal daar bekender gesiggies wees.

Verder is jy net 'n regte klein chatterbox, dans elke aand op "So you think you can dance" (ons kon dit nog nie regkry om dit af te neem nie) en jy is baie fluks om te help met goedjies wat ons vir jou vra.

Kunswerke in jou nuwe klassie:

Plak werk

Leer knip op die lyntjies 


Mamma is so baie baie lief vir jou, dis onbeskryflik.

Tot later my engel, tot later.

Mamma.

Wednesday, September 7, 2011

Snaaksie

Jy het besluit om bietjie te decorate met jou bum cream.



Pappa speel saam met jou klei 


Doen bietjie inkopies 

Lekker McDonalds roomys saam met Pappa 

Thursday, July 14, 2011

Rapport Junie 2011

Hier is jou eerste rapport vir hierdie jaar!








Rapport Desember 2010

Sjoe, ja nee, jou Ma is nou weer agter die tyd. Ek het dit NOU eers ingescan!!!

Hier is jou rapport van laas jaar toe die skool gesluit het.







Mooi so my seun!

Monday, July 11, 2011

Eendjies, eendjies...

Eendjies, eendjies, stap in 'n ry.
1,2,3,4, stap hul verby.
Links, regs, links, regs, kyk hoe mak.
Reguit dam toe, kwaak, kwaak, kwaak.

Monday, June 27, 2011

2011 Klas foto

Juffrou Ciska, helpers: Martha, Caroline, Dorcas en Brenda

Julle is die PIENK klas!

Vadersdag!

Wednesday, June 15, 2011

Moedersdag

Dis wat jy vir mamma gemaak het vir Moedersdag hierdie jaar, ek het skoon vergeet om dit op te sit!

Sunday, June 12, 2011

Tandjies!

Ja nee, daar is hulle nou, al 4 jou laaste kiestande is uit!

Ek het jou Maandag (6de Junie) by die skool gaan haal en dadelik gesien iets is nie lekker nie. Jy was huilerig en die juffrou het gesê jy kla dat iets seer is, maar hulle weet nie wat nie. Caroline het ook vertel hoe jy net buite sit en nie wil speel nie. Jy begin net huil, maar "jou stem kom nie uit nie" en jy ruk van pyn as jy huil.

Mamma het jou opgetel en kon voel jy is warm, jy het koors. Jy het sommer in die kar aan die slaap geraak oppad huistoe (snaaks) en ons het by die apteek gestop om vir jou medisyne te kry. In die kar kon jy darem vir my wys/sê jou mond/keel is seer. Mamma het vir jou Lotem gekoop. In die apteek het jy begin huil en ek kon dadelik sien wat Caroline bedoel het, jou keel/mond was so seer dat jy nie eers kon huil nie, jy het geskree van die pyn... Mamma het jou so jammer gekry.

Ons is huistoe, ek het jou medisyne vir jou gegee en jy het dadelik gaan slaap. (Seker tot so 9 uur) toe is jy weer 100%, op en wakker, eet 'n broodjie asof niks fout is nie. Dit was vir my vreemd, want 'n keelseer sal nie net 'n paar uur hou nie, so ons het geweet iets anders is fout. (Jy het nog nie eenkeer weer gekla nie)

Vanoggend toe sit hulle al 4 daar. Die kant wat jy gewys het was seer was die meeste al uit, so ek neem aan hy het eerste gesny en die res deur die week.

Nou kan ons sê: 20 Tandjies in totaal... (Gesny tussen 6 Junie en 10 Junie)

Monday, June 6, 2011

Daar's vissies in die water

Friday, June 3, 2011

Ou singertjie... (+ Skoolfoto)

As ek dit net op kamera kan vaslê, maar nee, jy hou op!

Jou nuutse:
"Daar's vissies in die water"
en die tema lied van "Masterchef Australia" aan die einde sing hulle "come on, come on" jy sing daai deeltjie.

Jy weeg nou al 13.3kg, mamma het jou lanklaas gemeet, want jy wil nie stil staan nie, maar ek sal weer probeer.
Tande is nogsteeds op 16, lyk my die kiestande vat hulle tyd.

Jy het 'n skool foto geneem so maand of wat terug, hier is hy:


Ons is nog besig met die huis, amper klaar. Ek hoop... Maar jy is darem weer "rustig" in jou roetine, na al die kap en breek klaar is. (Jy het mos vir amper 2 weke elke aand (oggend) hier teen 3 uur in ons bed kom inklim, ek dink die "vibe" in die huis was net nie lekker nie en alles was bietjie om gegooi.


Kyk hoe lekker hou jy jouself besig op die kombuis blad met die bordkryt, gelukkig vee dit net af.

Jy is baie cheeky nou! Sjoe! Maar jy gesels so baie, ons geniet jou baie!

Skoenlapper = somlappe
Son = Balletjie skonkyn
Daar is so digte bos waar ons verby ry huistoe en jy vertel elke dag vir my dis die "donker bots"
Alex = nou Alets en nie meer Alice nie
Lucy = Lucy kat
En soos ons huistoe ry is jy elke keer (steeds) opgewonde oor die miewe huis (nuwe huis)

Met jou borsie gaan dit goed, ons het begin om jou melkies minder te maak (yogurt ook) veral nou in die winter en spesifiek voor jy gaan slaap, ons gee eerder vir jou tee met 'n KLEIN bietjie melk in, of juice. (Jy noem mos alle koeldrank "groen" as dit oros is, is dit: "groen - oranje")

Dit help baie, jy was lanklaas siek (na die hospitaal) ons hou vol met jou medisyne en mamma stook jou met Viral Choice Junior/Allergex/Creche Guard/Gummi Vites ens.

Alles help, jy is lief vir jou "lekker rooi syntjies"

Jy wil steeds nie in Mamma se bad bad nie, ek dink die "jets" het jou maar bang gemaak.

Met die potjie gaan dit baie goed en jy is net op 'n nag doek, jy drink nog te veel voor jy gaan slaap, so sal nie sommer droog bly deur die nag nie, maar slaap al deur die dag sonder ene met min glipsies - indien enige.

So baie dinge my engel, so baie om te vertel. Mamma sal weer bietjie moet dink wat ek nog alles kan bysit.

Lief vir jou, met my hele hart.
Mamma

Monday, May 23, 2011

Hallo lief seun

Mamma skryf so min... Jammer...

Jy sing die barney liedjie nou al so cute, mamma wil dit so graag opneem, maar elke keer hou jy op sing, dit gaan min of meer so:

I love you
You loves me
We're happy family
Great big hug
Me you
Say you loves me too...

Jy ken Vader Jakob:

Vader Jakob
Vader Jakob
Slaap jy nog
Slaap jy nog
Kliek Klak Klok Klok
Kliek Klak Klok Klok
Dieng Dieng Dell
Dieng Dieng Dell

(Dis nou jou woorde)

Jy is baie besig, maar jy is 'n karakter op jou eie! Jy is regtig 'n slim ou dingetjie, ken al soveel kleure (wit, swart, rooi, blou, geel, groen, pink, oranje, pers en volgende sal ons bruin begin leer)

Jy slapies soos 'n droom, ek kyk maar as ek jou medisyne elke tweede dag gee of dit 'n verskil maak, op hierdie stadium gaan dit nog goed.

Mamma beplan om jou kamer heeltemal oor te doen (of reg te doen) binne die volgende 2 maande of so, wanneer ons begin om sussie (of boetie) se kamer te begin. Jy  het maar nog net ingetrek, ek wil darem 'n bietjie verf en so...

Ons is amper klaar met die huis, Mamma kan nie wag nie. En een van die dae is ons op vakansie, dan is dit net oor jou vir 'n week.

Lief vir jou my engel...
Mamma

Thursday, May 5, 2011

Sing sing en tel...

Sjoe my engel, jy tel al so mooi tot by 5 en sing Vader Jakob en die eerste 3 reëltjies van Barney se "I love you" liedjie.

Dis so oulik as mens jou so hoor sing in die huis... So op jou eie, sonder dat jy sien iemand kyk of luister vir jou, in jou eie wêreld...

Mamma is so trots op jou en so lief vir jou, ek gaan kyk of ek dit op 'n video kan vang!

Al my liefde!
xxx

Wednesday, March 30, 2011

Kleure



Jy ken al 7 kleure:
Blou
Rooi
Geel
Groen
Oranje
Pienk
Wit

Soos jy self sal sê: "Joshie slim"

XXX

Monday, March 28, 2011

2 Jaar oud!

Sjoe my engel! Mamma kan nie glo die tyd is hier nie, jy is al 2 jaar oud!

Jy is ons alles, ons sonskyn, ons glimlag, ons liefde, alles!

Ons het lekker partytjie gehou Saterdag, jou tema was mos Toy Story. Mamma is trots op alles wat ek gedoen het om jou partytjie so mooi te kon maak!

Kyk al die foto's!


















Friday, March 25, 2011

Verjaarsdag boodskappe!

Facebook:

Dear Joshua, you have come into our lives 2 years ago and changed everything for the better. Without you, days seem grey. You are the light that shines in my darkness and the one that makes me smile, when I feel like I can't take another step. Happy 2nd Birthday! May you have a wonderful day, playing with friends, getting dirty and hunting "attedissies & shomolo's" in the garden. Mommy loves you very much!
Annelize Uys Baie geluk Monzelle!!!!
Sheena Smolak Nee Brown Happy birthday precious boy!
Kandis Durant happy birthday big boy
Phumza January happy birthday Josh :)
Yolande Carter Haasbroek baie baie geluk met boetie se verjaarsdag!! mag daar nog baie wees!!
Daniele Te Vaarwerk ah sweetness :-) Happy 2nd birthday Joshua!!!
Bianca Kelly Congrats to you and Hubby Monz! HAPPY BIRTHDAY JOSHUA may you be blessed today and always :)
Mandri Wessels Olivier Can't believe its been two years!!! Happy birthday Joshua!!!
Nicolene Human Baie Geluk Joshua!En mamma en pappa.
Mandeli Coetzee Sjoe 2 jaar al.... Veels Geluk met Joshua se verjaarsdag!!!
Kobi Masinge Happy bday to Josh!
Kerry Webb Was Flote Happy birthday to your beautiful boy Monz. Cant believe he is TWO!
Lizel Solomon Baie geluk met jou pragtige seuntjie se verjaarsdag!! Mag julle altyd geseen wees.
Shirley Lee Damon Happy happy bday little guy
Benita Botha Very merry happy b-day Josh!!! Kan nie glo dat jy al 2 jaar oud is nie! Vele voorspoed, geluk en liefde word jou (en vir mamma en pappa) toegewens!
Deune Schutte Happyt bday!!!! x
Joleen Beling Congratulations Monz on Joshua's 2nd birthday. May he continue to be such a joy and a blessing in your lives...
Ciska Van Niekerk Baie geluk met sy verjaarsdag! Mag die Here hom ryklik seën en nog baie jare spaar! Julle moet hom lekker bederf!
Sandy Lewis Happy birthday Josh_ wishing you many more years to come. Well done Monz_ Josh is very privileged to have you as his mommy.
Anje Zanninello Baie geluk met sy verjaarsdaggie julle!!! Hoop hyt n heerlike dag xxx
Charmaine Van Eeden Happy bday Joshua!!!
Jakkie Baie baie geluk met jul seun se verjaarsdag, mag die Here hom seën en baie jare vir jul spaar. Jul moet hom baie bederf vandag, gehoor?
Nicky Meintjes Ah - happy happy birthday biggest boy!
Irene Mileham Broome Happy Birthday big boy stay blessed xxx
Roxanne Freestone Happy birthday Joshua. I wish u a year filled with lots of love, joy and laughter. May the Lord bless you with many more. Have a super day big boy and I know u r going to get so spoiled on ur special day. Congratulations mommy
Etmáál van Jaarsveld HaPpY BiRtHdAy Josh!
Deidre Zeuner Happy birthday dear Joshua! Hope you had a great day! Xxxxx
Johan Steyn Happy Birthday Big-Boy!!
Mari-Louise Botha Nortier Ag monz! Dis pragtig, ek huil nou!! Happy Bday ou seun!
Selma Jeanette Britz Baie Geluk Bokkaman!! Hoop jy het 'n lekker dag en hope geskenke!
Melissa Jordaan Oberholster happy birthday to Josh!!

Jahni Cowley baie geluk met Joshua se verjaarsdag. hoop julle het 'n heerlike dag!
Stephan Olivier Baie geluk met Joshua se verjaardag hoop hy gaan julle nog meer en meer plesier gee!
Megan Moller
baie baie baie geluk met Joshua se tweede verjaarsdag. Kanie glo di mannetjie is al twee nie. geniet elke sekonde met hom! xxx

Geluk met Josh se verjaarsdag! Mag hy julle nog baie meer liefde en vreugde bring xxxx

Happy 2nd birthday little Joshua!!!

Baie geluk met Joshua se verjaarsdag. tyd vlieg! hoop hy het 'n baie lekker dag!


SMS'e:
Pauline Baie geluk met Joshua se verjaarsdag! Hoop hy word toegegooi onder persente en drukkies! :)
Mariaan More Joshua!!! Baie geluk met jou verjaarsdag!!! T Mariaan
Lindy Baie geluk met Joshua se bday! Gee vir hom soentjies en drukkies van ons af. Sien julle saterdag.
ABSA Veels geluk met jou verjaardag. Ons hoop dat hierdie dog vol hartlike groete, pret en gelag sal wees. Mag daar nog baie jare wees - van Absa
Benita Hi Mons-keponz, happy b-day vir daai gorgeous seuntjie van jou!!! Geniet jul dag saam met hom en mag hy jul lewens met nog meer seeninge vul! Xxx
Herna Hi, baie geluk met Joshua se verjaarsdag! Hoop dis 'n baie lekker daggie vir julle. Mag hy nog baie vreugde vir julle bring!
Tanya Brown Josh's birthday today already?!?! Wohooooooo! Happy birthday my best little afrikaanse seuntjie :)
Desire Hinze Hi. Baie geluk met Josh se 2e verjaarsdag. Mag hy 'n lekker dag hê en lekker bederf word! Julle moet die dag saam met hom geniet! Groete
Tanya Duvenage Hi my maat, baie geluk met jou seuntjie se bday. Hoop hy word nog lank vir julle gespaar en al die vreugde en geluk kom hom toe.
Wiets en Colette Geluk met julle seuntjie se verjaarsdag, mag die 2 jaar se geluk net elke jaar vermenigvuldig word. Liefde ons.
Honey Hi daar! Baie geluk met jou engelkind se 2de verjaardag. Mag die Here hom seën met hope en hope blessings en mag sy lewe vorentoe net vol sonskyn en sterrlig wees! xxx M&Z
Marthie Baiieeeee geluk met Joshua se verjaarsdag!!!! 


E-mail:
Miekie Baie geluk met Joshua se verjaardag, mag die jare wat kom net gevul wees met liefde en geluk.
Liefde Piekie…

Skype:
Johann geluk met jou kind se verjaardag. se vir hom ne

OPM:
Des Happy birthday big boy!!! Lots of love from all your aunties on OPM!!!!
Vienna Happy birthday Josh!!!
Eve :Birthday: :Birthday: :Birthday:
Nix1407 Happy birthday big guy. I hope your mommy and daddy spoil you rotten boy. XXX
Mich HAPPY BIRTHDAY Josh!!!!! have a lovely day xxx flowerhi lots of kisses and hugs coming your way xx Smile
JaydensMommy Happy Birthday Beautiful Boy!!! :Birthday:
Doogz Happy Birthday :Cake: Happee happeee birfday big boy!!!!!
DLewis Happy birthday Josh!!!
Kajol :Birthday:
Joleen :Birthday: Happy Birthday :Cake: hope you have a wonderful day Joshua
Mandri Olivier Happy birthday Joshua!
Bella I remember the first time I saw him he was a newborn! And so handsome now! Happy b-day Josh!