Jy is tans by die skool, ek doen nou maar dingetjies hier in en om die huis. Ek en Pappa het 'n lekker wimpy ontbyt gaan eet vanoggend net om bietjie ons gedagtes af te trek...
Tannie Magriet het ook nou gebel en gesê dat jy die hele oggend sover HEERLIK gespeel het sonder enige issues of tranerigheid en dat jy nou jou bottel drink en gaan slapies.
Klink my jy is so tuis soos 'n vis in die water, Mamma het bietjie gehuil en ek is seker Pappa het ook swaar gesluk vanoggend, al die ouma's is in trane, maar ons is almal daardeur, want jy glimlag net.
Ek is lief vir jou my seuntjie-pop, want jy is so maklik en ons is so geseënd om jou as ons babatjie te hê, jy is nie vol issues en dinge nie, jy is nie huilerig nie, jy is nie "huis-vas" nie, jy glimlag vir die wêreld en gee nie om watter hande jou vashou nie, jy is 'n droom kind, jy is ons kind...
Amper 14:00 dan gaan haal ek jou weer, kan nie wag nie!
Tuesday, September 1, 2009
Die dag het aangebreek.
Posted by Monzelle de Villiers at 11:54 AM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
Trots op jou Mamma
Trots op julle!
Post a Comment