Sunday, November 21, 2010

Pitta en Kokit

"Pizza"


"Chocolate"

Wednesday, November 3, 2010

Tuin Pret!

Lekker gespeel!!!

19 Maande!

Pragtig baba seun op 19 maande, wat meer kan mens nou vertel.

Jy is net die beste ding wat ooit met ons gebeur het, nuwe woordjies/sinnetjies: "Pappie eet" "Lig (GGGG) Aan" "Lig (GGGG) Af" "Alex - wat uitkom Alice" "Kappit - vir Stop dit" en "Eina" Mamma en Pappa is SO bly oor daai woordjie, want nou kan jy vir ons vertel as iets seer is!!!

Baie baie baie lief vir jou ons liefie pop choppie kind!

Sunday, October 24, 2010

Klik Klak!

Jy het regtig 'n "fascination" met skoene, as ons ons skoene uittrek dan bring jy dit terug, sit elke skoen by die regte voet neer dat ons dit weer moet aantrek. Al het ons soms skoene aan en daar le 'n ekstra paar, dan bring jy dit steeds. Mamma lief jou so baie!

Hier het jy bietjie besluit om Mamma se skoene te toets en jy was al klakkende in die huis rond.

Wednesday, October 6, 2010

Joshua, die escape artist...

Ja jong, ons het maar so ons eie manier probeer om jou uit die kombuis te hou.
Oupa het sommer vir ons 'n hekkie gemaak van my ou kot en dit het jou 'n wyle uit gehou, tot jy slim geraak het.

Kyk net:

Friday, October 1, 2010

18 Maande!!

Sjoe my bokkie, waar vlieg die tyd heen?
Jy is nou al 18 maande oud en word net ouliker by die dag.

Jy het gister (30 September) na die "pienk" klas geskuif by die skool, nou is jy nie meer 'n baba nie. Julle speel lekker buite, slaap nou op matrassies (nie meer in 'n kot nie) en eet mooi by tafeltjies en stoeltjies. Julle bou legkaarte, speel met klein, sing liedjies en doen bewegings oefeninge. En dan begin hulle julle ook "potty train" in hierdie klassie. Soveel dinge!!

Maandag gaan jy vir jou laaste inspuitings vir 'n hele rukkie, Mamma is so bly dit is nou verby!

Kyk hoe mooi lyk jy op 18 maande:


Friday, September 10, 2010

Brrrr-Tie

Joshua soek 'n broodjie...

17 Maande

17 Maande!!


Kyk hoe oulik tap jy water vir die woefe...

Jy is nou al 17 maande oud (wel, al amper 18 maande) en jy is lekker besig. Jy speel elke dag buite saam met die honde, in die grond en jy geniet dit vreeslik. In die aande is die bad lekker bruin van al die stof!

Jou woordjies word nou al hoe meer en jy probeer sê wat ons sê. En jy loop nie meer nie, nou hardloop jy!

Ons gaan amper weer vir jou laaste inspuitings vir 'n rukkie en dan sal ons sien wat jy nou al weeg.

Met jou refluks gaan dit baie beter, jy het maar nog so kuggie nou en dan, maar dis nie so erg soos dit altyd was nie en Mamma is baie dankbaar ons het by die regte dokter uitgekom.

Jy is net so oulik en ons besef elke dag dat jy lankal nie meer 'n "baba" is nie, jy is nou 'n seuntjie, te oulik.

Tandjies is steeds op 16 so ons kyk maar wanneer die laaste 4 uitkom, dink ons het nog 'n rukkie se "rus"

Jy slaap lekker op jou bed, dink dis lekker gemaklik vir jou met al die spasie...

Mamma en Pappa is baie lief vir jou!

Friday, August 20, 2010

My nuwe bed!

Jy is nou 'n groot seun en van Dinsdag aand af slaap jy nou in jou eie "groot" bed, Mamma is besig om jou kamer oor te doen in rooi, blou en denim... Jou beddegoed is nou al klaar, jou mure en gordyne bly dieselfde en nou moet ek net vir jou ander prentjies verf...

Nuwe bed


Slapies lekker

Oops!!!

Jy het jou boks pap in die hande gekry, dit was net TE stil in die huis!

Grou grou grou

Saam met Sam en Alex in die tuin!

Engel kind...

My liefste engel ding, kyk hoe pragtig!!!

Monday, August 9, 2010

Hospitaal rondte 2 - foto's

Dag 1
Fisio en Stoom
Ultraklank op jou sinusse
X-strale vir jou Barium sluk
Eet saam met Pappa
Ek en Mamma le op die bed
Stoom elke 4 ure
"pH-metrie" metertjie, deur jou neus, in jou keel tot by jou maag, nodig om in te wees vir 24 uur om die suur vlakke te meet en te kyk of dit regtig refluks is wat die probleem is...
\
Arms vas ge"spalk" sodat jy nie die metertjie uit trek nie.
Drip in voet (3 keer geskuif, omdat hy gestol het)
pH-metrie meter

Sunday, August 1, 2010

Alweer! 16/16

Ai toggie, jy was net ontslaan toe is jy weer in die hospitaal... Die keer met longontsteking, wat blykbaar 'n algemene sekondere infeksie of terugslag van die rotavirus is...

Ons is ook nou by 'n nuwe pediater, Dr. Frieda French, baie cool tannie!!!

Sy het jou opgeneem Dinsdag 20 Julie en jy was in die hospitaal tot Woensdag 28 Julie, lank, maar sy het 'n reputasie om kinders ten minste 7 - 10 dae in die hospitaal te hou. Dan maak sy seker sy ondersoek en toets ALLES.

Die vorige pediater het jou op kroniese asma medikasie gesit op grond van jou simptome, maar dit het net niks beter geword nie, jy het vreeslik begin hoes oor die naweek en dis hoekom ons na die nuwe dokter toe is, ook omdat sy spesialiseer in asma en allergiee onder kinders. Ons het gedink jy is dalk allergies, alhoewel ons dit al getoets het, maar jy was destyds op anti-histamien en dit het die toetse belemmer... (Niemand het gese jy moet vir 'n tydjie van die medikasie af wees nie, slimmerts)

Sy het x-strale van jou bors geneem en jou dadelik laat opneem, ons het ook gereel dat jy 'n barium-sluk doen om te kyk of al die maag kleppies mooi werk en wat hulle noem 'n PH-metrie om te kyk of die refluks waarmee jy so gesukkel het toe jy klein was nog 'n probleem is.

Vir die eerste 2 aande was jy in 'n algemene saal, siende dat die privaat kamers almal vol was, so mamma of pappa kon nie by jou oorslaap nie. Maar gelukkig het daar 'n kamer vir ons oop gegaan Donderdag so van toe af het ons by die hospitaal "geboer"... Mamma en Pappa het beurte gemaak om by jou te slaap in die aande.

Jy het 8 keer gele vir x-strale, bors, barium sluk en die PH-metrie posisie. Jy het 3 keer 'n drip gekry, een in elke hand en een in jou voet, want die drip het gestol...

Jou arms was vir 24 uur vas gebind sodat jy nie die metertjie kon uit trek nie, en ons moes al jou drink/eet tye neerskryf vir die lesing.

Jy het 2 keer 'n dag fisio gekry, asook gesuig en ultraklank op jou sinusse...

Elke 4 ure gestoom...

Dit was nie 'n lekker rondte nie, maar dit was nodig, want ons het uiteindelik tot die gevolg gekom dat jou refluks wel die oorsaak van alles is. Kronies oor-infeksies, kroniese sinusitis en die aanhoudende hoes al is jy nie siek nie. Met die refluks (silent) stoot dit op, maar jy bring nie noodwendig op nie en dan soos jy le loop al die gemors terug en beland in jou longe en dit hou jou "siek"... Jy is nou op anti-suur medikasie vir 3 maande en gaviscon met elke bottel en elke ete om te kyk of dit help. Jou matras is ook meer gelig as wat hy was (jy slaap nog altyd op 'n wedge, maar ons het hom nou ekstra gelig) Nou glo en vertrou ons net die medikasie werk, anders moet hulle 'n nis insit om te help dat jou boonste kleppie nie onnodig "oop" gaan nie... Maar ons weet dit sal nie nodig wees nie.

Die donker kringe onder jou oe wat almal gedink het is as gevolg van allergiee is toe al die tyd as gevolg van 'n yster tekort, snaaks, want Mamma het vir jou "Vidaylin with Iron" gegee, maar ek dink dit was net nie genoeg nie... Jy lyk sommer al klaar beter nou dat jy op 'n yster aanvulling is 2 keer 'n dag...

16/16:  Jy het "16 maande" gevier in die hospitaal, en jy het nou 16 tande (#16 - gesny 21 Julie, onderste oogtand - regs) Glimlaggies soos altyd!!!

Ag, Mamma is net bly so jy is weer by die huis en ons is almal weer by die huis, dis darem so lekker om in jou eie bed te slapies en ek gee nie eers om dat jy die hele huis omkrap nie, jy mag maar, want om jou stemmetjie en voetstappies weer hier te hoor is net die beste geluid en beste gevoel in die wereld. 

Deur dit alles bly jy 'n soete kind, met die paar keer wat ons jou alleen moes los in die hospitaal het die suster amper nie eers geweet daar is 'n pasient nie, want jy hou jouself tjoep stil besig, niks huil nie, niks skree nie. Net 'n plesier vir almal!

16 maande glimlaggies in die hospitaal...
Baie lief vir jou my choppie!!!
*Mamma sal in die week jou foto'tjies opsit van jou hospitaal ondervinding en alles wat jy deurgemaak het...*

Sunday, July 18, 2010

Sieke kind...

Ai jai jai my engel, toe beland jy nou in die hospitaal met Rotavirus! (Ten spyte van jou inentings) Jy het die naweek sleg geeet, maar Mamma het dit toegeskryf aan jou oogtandjies wat gesny het. (Tandjie 15 - links bo - sny Vrydag 9 Julie)

Maandag het die skool gebel en laat weet dat jy 'n koors het en weer nie wil eet nie en ook nie drink nie en Mamma het jou dadelik na Dr. Bram toe gevat. Mangelontsteking is by jou gediagnoseer. Op antibiotika en die works...

Dinsdag aand begin jy onverklaarbaar opgooi en Woensdag oggend begin die doeke loop, nie soos die gewone antibiotika doeke nie, maar water, en doeke by die minuut. Mamma vat jou hierdie keer maar eerder pediater toe, want dinge lyk glad nie lekker nie, jy hou nie veel in nie en wil nie eet nie. Gastroenteritis, en jy moet dadelik opgeneem word.

So spandeer ons die volgende 2 nagte in die hospitaal en nie Mamma of Pappa mag oorslaap nie, want jy is in isolasie. Ons is heeldag by jou, jy is darem op en wakker en lyk nie regtig siek nie, maar ons moet aanhoudend vloeistof in jou lyfie kry om te verhoed dat jy dehidreer, so jy is op 'n drip en slegs op rooibostee met lekker soet soet canderel (mag nie suiker drink nie) Jy word sommer vinnig beter en ons is Vrydag ontslaan. Lekker gele en slapies die middag en jy is nou weer op jou stukke!

Nou het Mamma die maag gogga gekry!

Dag 1 in hospitaal


Dag 2...


Ek loer vir almal in die hospitaal.


Eet 'n lekker broodjie


Dag 3...


Slapies voor ek huistoe gaan


By die huis

 

Thursday, July 8, 2010

100...

Sien nou dis die 100'ste keer dat ons vir jou skryf!

Mamma wou net gou vertel dat tandjie 14 (regs bo - oogtand) heeltemal deurgesny het op Dinsdag 6 Julie.

Nou is ons weer in "normaal" slaap... Jy kry nou sommer lekker hot chocolate in die aande voor bed tyd, lekker bederfie, maar wie sal nou nie so engel bederf nie?

15 is oppad, so ons wag geduldig, waar jy ewe skielik die "popcorn" tande vandaan gekry het weet ek nie, maar hoe vinniger hulle uit is, hoe vinniger is ons klaar!!

Lekker slaap my engel kind!

Saturday, July 3, 2010

Oogtande

Eina Mamma, jou boonste oogtandjies - tand 14 en 15 is oppad (14 is so te se deur die gum, dis letterlik nog net 'n puntjie) Hulle was maar eina gewees gisteraand, mamma kon sien dit irriteer jou. Alhoewel ons nie regtig slapelose nagte het nie, is jy maar 'n grompie en soek so dan en wan weer bietjie tee om aan te suig. Ek dink die ore is ook maar seer, hulle dreineer nie, so ek weet dis nie so erg nie, maar jy vryf gedurig aan hulle, so ek neem aan dit is maar jeukkerig...

Hier is jou tandjies... Jou kiestandjies is nou al mooi deur... Lekker bek vol tande!!!

Saturday, June 26, 2010

15 Maande en 13 tande...

My engelkind, jy is nou al 15 maande oud. Ons was by die kliniek vir jou voorlaaste inspuitings tot en met 6 jaar. Mamma kan nie glo ons is amper klaar nie! Yippie! Jy was bietjie skrikkerig hierdie keer (ek dink jy onthou nou wat gaan gebeur) jy is nie regtig gepla met die inspuiting self nie, maar hou nie van die kamer en die bed waarop jy moet sit nie, so Mamma hou jou maar vas... Jy weeg nou 10.5kg, is 80cm lank en jou koppie is steeds 49cm.

Tandjie 13 (onderste linker oog-tand) het gesny op 25 Junie. Mamma sien albei boonste oog-tandjies skyn spierwit puntjies deur die tandvleis, so ek reken hulle is volgende en sommer gou ook. Jou tandjies kom nou met 'n spoed! Hier sien mens nog net net die wit deur die tandvleis skyn van die oogtandjie...

Jy het gisteraand by Oumie en Oupie gaan slaap, Dune was ook daar om te help oppas. Mamma en Pappa het gaan sokker kyk op Loftus (Chile vs. Spain) WOW! Dit was ongelooflik gewees. 'n BELEWENIS.

Jy is lekker besig en verken alles om jou. Mamma geniet dit om sommer net te sit en vir jou te kyk. Hoe jy klippies in blikkies laat val, water uit die hondebak drink (oh well), in die tuin speel, agter Sam aan hardloop, vir Lucy jaag (Luca is steeds weg) en sommer net die huis ophelder met jou laggies en gille. Jou persoonlikheid het SOVEEL verander die laaste maand, jy is 'n regte grappies!

Mamma het groot planne wat voorle en ek hoop en bid dat dit alles in Liewe Jesus se wil is, want eendag gaan ons terug kyk en ons gaan weet dit was die moeite werd. Nie net vir my nie, maar ook vir julle en wat ek alles kan bied tot die gesin.

Ons het vanoggend toe ons jou gaan optel het by Oumie en Oupie gou gestop by vriende van Roule en Dave, hulle het baba hondjies wat hulle wil weggee aan goeie huise. Ons kom nie heeltemal met aandag by Sam uit nie, so ons wil vir hom 'n maatjie kry. Dis Jack Russeltjies gekruis met 'n Yorkie. Kyk die foto van die enetjie wat ons gekies het!


Soos altyd, jy is 'n engel en Mamma en Pappa is BAIE lief vir jou, gelukkige 15 maande choppie!