Vandag was jou doop/inseën, ons het lank uitgesien na hierdie dag en dit was regtig 'n besonderse dag gewees.
Pastoor Martli het die diens gelei en so 'n mooi boodskap gelewer, jy het te pragtig gelyk in jou pakkie (Mamma sal morê/in die week 'n foto opsit, want ons het nie met ons kamera afgeneem nie, moet eers die foto's by oupa en almal kry) En ek is nou poegaai... Ek het tot vanoggend 1:30 gewerk aan jou pakkie en was toe uiteindelik klaar mat die kleertjies en jou pragtige baadjie. Ek is sommer baie trots op myself... (Note to self - volgende keer begin ek vroeer!!!)
Jy was so soet in die kerk, en het sommer aan die slaap geraak toe ons daar voor gaan staan het met jou... Jou name was pragtig verduidelik aan die gemeente; Joshua - God is my salvation en Connor - Stronghold of God. Die musiek was regtig spesiaal en mens kon voel God se gees was daar...
Jy is regtig die soetste pragtigste seuntjie en ons is so lief vir jou, jou roeping op jou lewe is groot en ons weet jy sal eendag daardie skoene vol staan. Jy is alreeds 'n man (seuntjie) na God se hart...
Lief vir jou boeta...
Mamma.
* Hier is 'n foto'tjie van jou in jou pakkie, sodra ek die familie foto's kry sit ek dit op *

Sunday, August 2, 2009
Jy "kry" jou naam...
Posted by Monzelle de Villiers at 2:39 PM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comments:
Baie Geluk! kan nie wag vir die fototjies nie! xx
Post a Comment