Monday, August 3, 2009

Signing Sam...

Signing Sam teddie beer:


Ek het jou Baby Hands goedjies seker so 2 weke terug al gekry en vandag eers die DVD begin kyk. Ek het nou so 5 signs uitgekies wat ek so stelselmatig sal begin voorstel aan jou. Melk, Bad, Slaap, Pap en Dummy...

Die teddiebeer is TE oulik, ek kan my hande in die handskoene sit en dan maak ek vir jou die tekens met die beer, dit is bietjie meer interessant dink ek vir jou as wat jy net Mamma en Pappa se gesig die heeltyd sien.

Veronderstel moet ons op so 6/7 maande begin met die "signs" want dan ontwikkel julle langtermyn geheue blykbaar, maar hoe vroeer mens begin, hoe gemakliker is dit vir my ook, al kan jy nie nou veel onthou nie, maar darem is ek dan ingeoefen teen die tyd wat die tekens in jou kop begin sin maak en vassteek...

Ek sien uit na die dag wat jy jou eerste teken vir my terug wys (solank dit nie 'n lelike teken is nie) ha ha ha

Kom ons kyk maar hoe gaan dit, ek wou van die begin af dit doen en nou het ek alles gekry, so nou moet ek deur druk.

Happy signing my baby!

3 comments:

Unknown said...

Nice, ek het nog nooit van dit gehoor nie! Waar het jy dit gekoop?

Monzelle de Villiers said...

Hi MO, Ek het dit op babyhands.co.za bestel... Dit is baie interessant hoor! Ek het so along the lines van dit gehoor toe ek swanger was en het daar en dan besluit dis iets wat ek met Josh gaan doen...

Unknown said...

Dankie, ek gaan defnitief vir my ook een aanskaf!