Monday, August 31, 2009
Skool toe.
Posted by Monzelle de Villiers at 7:43 AM 1 comments
Sunday, August 30, 2009
Ou rollie rollersin.
En daar rol jy van jou rug na jou maag! Nou moet ek dit net op kamera vaslê!
Hier is 'n lekker lag van jou gister so vir tyd en wyl (elke dag nou iets nuuts, so baie video's gaan volg)
** Hier is hy - evidence!!**
Posted by Monzelle de Villiers at 11:46 AM 1 comments
Friday, August 28, 2009
Boude opstoot...
Lyk my jy wens jy kan al kruip, want jy probeer so hard om daai lyfie vorentoe te wikkel. Tot dit nie meer lekker is nie, dan moan jy...
Posted by Monzelle de Villiers at 1:24 PM 3 comments
Thursday, August 27, 2009
10 dinge oor jou
Al die mamma's is "getag" deur Irene om 10 goedjies oor hulle babatjies te skryf...
Hier gaan ons
1. Ek is MAL oor jou "chin dimple"
2. Jy is die rustigste babatjie ooit, huil net as iets pla en selfs as jy siek is is jy nie eers 'n handvol nie.
3. Hoe jy GIL van pure plesier en kreun as jy iets probeer doen
4. Hoe jy sommer uitasem is van opgewondenheid as jy nie vinnig genoeg by my bors kan uitkom in die oggend nie
5. Jou ogies mis niks, jy is baie wakker en nuuskierig en die manier wat jy strek, ek en Pappa noem jou 'n "luxurious" strekker...
6. Jy is nie bang om na enige iemand vreemds te gaan nie en ook nie om jou tand-lose glimlag met hulle te deel nie
7. Jou hare, dis die lekkerste ding om te voel teen my gesig as ek jou vashou waar jy sit op my skoot
8. Hoe jy jouself aan die slaap sing of die kussing of kombers krap as 'n soothing geluid
9. Hoe jy dit geniet om in die bad te spat
10. Hoe jy jouself opwen voor jy omrol
Daar is so baie, ek kan aanhou en aanhou...
Bonus, As jy jou vingers en dummy gelyk suig... Dis die oulikste ding om te sien en om te hoor...
Hoe jy drool, hoe lekker jy eet en die sug geluide wat jy maak as jy drink. Hoe jy jou dummy "eet" (suig) met njam njam geluide, hoe jy soos ek slaap met jou gesig gebere onder die komberse of in 'n teddie beer, en die reverse giggel wat jy maak, asof jy jou asem intrek as jy lag...
Ek dink ek sal so elke nou en dan so lysie maak, want dit verander daagliks, en daar is so baie...
Lievijou!
Posted by Monzelle de Villiers at 11:30 AM 0 comments
Tuesday, August 25, 2009
Uit die oude doos...
Foto's van my, een waar ek my eerste tand het (10 maande) en een met SUPER wit hare!
En dan foto's van jou oupa, kan nogal bietjie trekke sien daar... 
Ek sal kyk om bietjie foto's van pappa en die de Villiers kant van die familie ook te kry en op te sit vir jou!
Posted by Monzelle de Villiers at 9:22 AM 1 comments
Monday, August 24, 2009
5 maandjies!
Kan nie glo nie, soos elke ander maand, dat jy nog 'n bietjie ouer is nie...
Ons het gister lekker by Oom Jacques en Tannie Lieza gaan kuier. Die boellies het nie geweet wat om met hier die babatjie te maak nie...
Jy het lekker sommer so tussen die bome in jou jumper gespring en ons het gebraai. Was 'n heerlike dag.
Oor 'n week gaan jy skooltoe, sien GLAD nie uit na daai een nie, maar nou ja. Ek voel tog beter daaroor, want soos Pappa sê, jy voel net nou 'n bietjie meer "solid" as op 4 maande, DIT sou vir ons dalk baie erger gewees het, maar nou is jy bietjie groter en dit voel beter... Ek is gerus...
Jy drool nog soos 'n champ, die kliniek suster se die tande is defnitief besig om in die kaste in te beweeg, maar nog nie heeltemal reg vir sny nie, so ons wag geduldig.
Jy het nou nie so goed opgetel soos ek sou wou he jy moes nie, maar sy was nie te bekommerd nie, het net 40g opgetel van 16 weke se weeg tot 21.5 weke se weeg. Jy was 6.45kg en nou 6.49kg. Alhoewel ek met kossies al begin het, maar sy se dit is nie so voedsaam nie, alhoewel dit jou "vol" maak, en dan wil jy nie so baie melkies drink nie. So ons het nou opgehou met die kossies, net pap in die oggend en verder net melk. Ek borsvoed jou nog, so dit gaan goed, en in die oggend kry jy net bietjie ekstra formule. Ek het ook aaaaaaaalllllll my dae gehad om jou dit gedrink te laat kry en na 'n lang gesukkel agtergekom jy wil eerder uit 'n standard bottel NUK drink, nie die wye nek nie, baie weird, maar toemaar. Jy drink nou, so alles is gesort!!
Lievijou! Mamma!
Posted by Monzelle de Villiers at 9:51 AM 3 comments
Thursday, August 20, 2009
Nog een
Ek weet hier is al 'n video op van jou springerassies, maar ek dink net jy is flippen oulik!
Posted by Monzelle de Villiers at 10:53 AM 2 comments
Wednesday, August 19, 2009
Dalk?
Miskien verbeel ek my, miskien kyk ek te hard, maar ek is SEKER jou gums het 2 hobbeltjies... Dalk is dit my verbeelding, maar ek glo dit is tandjies, besig om in die kaste in te kom, of besig om stelselmatig deur te kom, ek weet nie. Jy drool soos 'n champ, jy kou alles en suig alles, jy is bietjie nukkerig met tye en sommer net omdat ek so dink...
Kom ons hou duim vas, en kom ons hou dit dop!
Mamma kan nie wag om 'n tandjie te sien nie!
Posted by Monzelle de Villiers at 1:39 PM 0 comments
Saturday, August 15, 2009
Springbokkie...
O jong, jy LOVE die ding! Ons het vanoggend vir jou 'n jolly jumper gaan koop want jy wil net spring as mens jou vashou en jy is al te gelukkig in die ding. Kan nie genoeg kry nie, ten minste gebruik jy hom, dan is dit die moeite werd!
Posted by Monzelle de Villiers at 2:40 PM 6 comments
Thursday, August 13, 2009
Wille slaper, hier begin ons...
Dit raak al wild in daai bed van jou, ek dink as die kot breer was het ons jou voete op die kussing gekry in die oggend... Maar dis baie snaaks...
Posted by Monzelle de Villiers at 7:14 PM 5 comments
Snaaksie...
Jy het nou ontdek jy kan gil ook! So lekker skril gil wat so deur mens se brein sny. Nie uit frustrasie of kwaad uit nie, net gil van die lekker.... Ek het gesukkel met die pap eet video, ek dink hy is te groot, so ek gaan kyk of ek nog ene kan opsit, maar die ding is baie donker...
Posted by Monzelle de Villiers at 10:58 AM 2 comments
Tuesday, August 11, 2009
Lekker lekker pappies...
Jy eet soos 'n monster, maar Mamma geniet dit vreeslik om vir jou kossies te gee want jy eet dit sonder 'n issue. Of dit nou pruime of pap of pampoen of watookal is, daar is dalk 'n gesig trek so vir die eerste keer, en na so 3 happies sluk jy hulle af dat ek nie vinnig genoeg die lepel kan volskep nie!
Posted by Monzelle de Villiers at 9:19 AM 2 comments
Monday, August 10, 2009
Award....

En nou het ek 'n "blog award" gekry (dankie Karien en Evie) wat ek weer moet aanstuur vir 15 nuwe blogs wat ek ontdek het, maar almal wat ek ken het al die award gehad.
Sooo.... Marts, ek stuur hom vir jou, na jou nuwe blog! http://3quartercomplete.blogspot.com/
Enjoy!
Posted by Monzelle de Villiers at 7:41 PM 1 comments
Friday, August 7, 2009
Thursday, August 6, 2009
Rol pot...
Sowaar, ek wag al seker 2 weke vir hierdie oomblik en toe mis ek dit, 2 keer!
Jy dreig al vir so week of wat om te rol van jou rug na jou maag, veral op jou "changing" matrassie, maar ek dink die arms is bietjie in die pad, so dit is maar so 3/4 poging wat daar uitkom.
En wraggies, toe ek jou op jou magie op jou speelmat neersit vandag en net gou gou omdraai om my email te kyk, toe draai jy. Ek het eers gedink, nee dalk het ek jou op jou ruggie neergesit. Terwyl ek toe ietsie tik, toe doen jy dit weer en weer mis ek dit!
Darem weet ek dit gaan nou baie gereeld gebeur, so volgende keer is ek reg met die kamera!
Mooi gedaan my groot seun! Mamma is trots op jou!
PS. Terwyl ek hierdie tik hoor ek net kliek kliek daar uit jou kamer uit. Jy het nou begin om die "mobile" se goggatjies vas te hou, die arme ding kan nie meer draai nie. Jy word nou heeltemal te vinnig groot dink ek!
Posted by Monzelle de Villiers at 1:20 PM 0 comments
Wednesday, August 5, 2009
Sommer net...
Vandag is sommer net 'n gesels. Jy eet nou al 2 dae jou piesang in die middag, ek het gister vir jou 'n hele week se butternut gekook en ge-pureé om elke aand te eet. Jou doop klere is al gewas en uitgespoel en hang netjies op 'n hanger. Al jou wasgoed is gewas, jou taliet is skoon want Lucy het besluit dis 'n lekker plekkie om te lê met haar modder pootjies... Ons het bietjie in die tuin gaan stap so oor middag-ete en nou lê jy en slapies.
Ouma-groot het nog gesê sy sal vandag kom kuier, ek wag nog om te hoor... Sy gaan bietjie help met Lienka. Ek is besig met filing hier by die huis, want anders gaan Pappa alles wat rondlê weggooi, oops...
Anders is daar nie veel nuwe dinge aan die gang nie... Jy smile vir die hele wêreld en is so soet soos altyd, gisteraand het jy weer deurgeslaap sonder 'n piep, dit gebeur nou so af en toe baie meer gereeld, so ek dink jy doen baie goed.
Ek en Pappa is op so dieet affêre, hy het mos nou begin gym by 'n personal trainer, elke maandag, dinsdag, donderdag en vrydag oggend 6uur (jiggggg) en dan moet hy 'n eetplan volg. Ek kan nou nie vir hom kos maak in die aand en vir my kos maak nie, so ek eet maar saam met hom. Dis darem nie te sleg nie, gelukkig is daar bietjie rooivleis, nie soos laasweek met die detox wat ons vir 7 dae elke aand moes vis eet nie. Ek is baie lief vir vis, maar tot ek het naderhand gevoel ek kan 'n boks vis teen die muur gooi!
Wel, laat ek aangaan met my filing, voor alles in die asblik beland...
Jy moet lekker slapies, net nou kry jy lekker pampoen vir aandete.
Lief vir jou!
Mamma
Posted by Monzelle de Villiers at 2:38 PM 0 comments
Monday, August 3, 2009
Signing Sam...
Signing Sam teddie beer:
Ek het jou Baby Hands goedjies seker so 2 weke terug al gekry en vandag eers die DVD begin kyk. Ek het nou so 5 signs uitgekies wat ek so stelselmatig sal begin voorstel aan jou. Melk, Bad, Slaap, Pap en Dummy...
Die teddiebeer is TE oulik, ek kan my hande in die handskoene sit en dan maak ek vir jou die tekens met die beer, dit is bietjie meer interessant dink ek vir jou as wat jy net Mamma en Pappa se gesig die heeltyd sien.
Veronderstel moet ons op so 6/7 maande begin met die "signs" want dan ontwikkel julle langtermyn geheue blykbaar, maar hoe vroeer mens begin, hoe gemakliker is dit vir my ook, al kan jy nie nou veel onthou nie, maar darem is ek dan ingeoefen teen die tyd wat die tekens in jou kop begin sin maak en vassteek...
Ek sien uit na die dag wat jy jou eerste teken vir my terug wys (solank dit nie 'n lelike teken is nie) ha ha ha
Kom ons kyk maar hoe gaan dit, ek wou van die begin af dit doen en nou het ek alles gekry, so nou moet ek deur druk.
Happy signing my baby!
Posted by Monzelle de Villiers at 12:49 PM 3 comments
Sunday, August 2, 2009
Jy "kry" jou naam...
Vandag was jou doop/inseën, ons het lank uitgesien na hierdie dag en dit was regtig 'n besonderse dag gewees.
Pastoor Martli het die diens gelei en so 'n mooi boodskap gelewer, jy het te pragtig gelyk in jou pakkie (Mamma sal morê/in die week 'n foto opsit, want ons het nie met ons kamera afgeneem nie, moet eers die foto's by oupa en almal kry) En ek is nou poegaai... Ek het tot vanoggend 1:30 gewerk aan jou pakkie en was toe uiteindelik klaar mat die kleertjies en jou pragtige baadjie. Ek is sommer baie trots op myself... (Note to self - volgende keer begin ek vroeer!!!)
Jy was so soet in die kerk, en het sommer aan die slaap geraak toe ons daar voor gaan staan het met jou... Jou name was pragtig verduidelik aan die gemeente; Joshua - God is my salvation en Connor - Stronghold of God. Die musiek was regtig spesiaal en mens kon voel God se gees was daar...
Jy is regtig die soetste pragtigste seuntjie en ons is so lief vir jou, jou roeping op jou lewe is groot en ons weet jy sal eendag daardie skoene vol staan. Jy is alreeds 'n man (seuntjie) na God se hart...
Lief vir jou boeta...
Mamma.
* Hier is 'n foto'tjie van jou in jou pakkie, sodra ek die familie foto's kry sit ek dit op *

Posted by Monzelle de Villiers at 2:39 PM 1 comments
