Sowaar, ek wag al seker 2 weke vir hierdie oomblik en toe mis ek dit, 2 keer!
Jy dreig al vir so week of wat om te rol van jou rug na jou maag, veral op jou "changing" matrassie, maar ek dink die arms is bietjie in die pad, so dit is maar so 3/4 poging wat daar uitkom.
En wraggies, toe ek jou op jou magie op jou speelmat neersit vandag en net gou gou omdraai om my email te kyk, toe draai jy. Ek het eers gedink, nee dalk het ek jou op jou ruggie neergesit. Terwyl ek toe ietsie tik, toe doen jy dit weer en weer mis ek dit!
Darem weet ek dit gaan nou baie gereeld gebeur, so volgende keer is ek reg met die kamera!
Mooi gedaan my groot seun! Mamma is trots op jou!
PS. Terwyl ek hierdie tik hoor ek net kliek kliek daar uit jou kamer uit. Jy het nou begin om die "mobile" se goggatjies vas te hou, die arme ding kan nie meer draai nie. Jy word nou heeltemal te vinnig groot dink ek!
Thursday, August 6, 2009
Rol pot...
Posted by Monzelle de Villiers at 1:20 PM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 comments:
Post a Comment