Juffrou Ciska, helpers: Martha, Caroline, Dorcas en Brenda
Julle is die PIENK klas!
Monday, June 27, 2011
Wednesday, June 15, 2011
Sunday, June 12, 2011
Tandjies!
Ja nee, daar is hulle nou, al 4 jou laaste kiestande is uit!
Ek het jou Maandag (6de Junie) by die skool gaan haal en dadelik gesien iets is nie lekker nie. Jy was huilerig en die juffrou het gesê jy kla dat iets seer is, maar hulle weet nie wat nie. Caroline het ook vertel hoe jy net buite sit en nie wil speel nie. Jy begin net huil, maar "jou stem kom nie uit nie" en jy ruk van pyn as jy huil.
Mamma het jou opgetel en kon voel jy is warm, jy het koors. Jy het sommer in die kar aan die slaap geraak oppad huistoe (snaaks) en ons het by die apteek gestop om vir jou medisyne te kry. In die kar kon jy darem vir my wys/sê jou mond/keel is seer. Mamma het vir jou Lotem gekoop. In die apteek het jy begin huil en ek kon dadelik sien wat Caroline bedoel het, jou keel/mond was so seer dat jy nie eers kon huil nie, jy het geskree van die pyn... Mamma het jou so jammer gekry.
Ons is huistoe, ek het jou medisyne vir jou gegee en jy het dadelik gaan slaap. (Seker tot so 9 uur) toe is jy weer 100%, op en wakker, eet 'n broodjie asof niks fout is nie. Dit was vir my vreemd, want 'n keelseer sal nie net 'n paar uur hou nie, so ons het geweet iets anders is fout. (Jy het nog nie eenkeer weer gekla nie)
Vanoggend toe sit hulle al 4 daar. Die kant wat jy gewys het was seer was die meeste al uit, so ek neem aan hy het eerste gesny en die res deur die week.
Nou kan ons sê: 20 Tandjies in totaal... (Gesny tussen 6 Junie en 10 Junie)
Posted by Morné de Villiers at 12:31 PM 0 comments
Monday, June 6, 2011
Friday, June 3, 2011
Ou singertjie... (+ Skoolfoto)
As ek dit net op kamera kan vaslê, maar nee, jy hou op!
Jou nuutse:
"Daar's vissies in die water"
en die tema lied van "Masterchef Australia" aan die einde sing hulle "come on, come on" jy sing daai deeltjie.
Jy weeg nou al 13.3kg, mamma het jou lanklaas gemeet, want jy wil nie stil staan nie, maar ek sal weer probeer.
Tande is nogsteeds op 16, lyk my die kiestande vat hulle tyd.
Jy het 'n skool foto geneem so maand of wat terug, hier is hy:
Ons is nog besig met die huis, amper klaar. Ek hoop... Maar jy is darem weer "rustig" in jou roetine, na al die kap en breek klaar is. (Jy het mos vir amper 2 weke elke aand (oggend) hier teen 3 uur in ons bed kom inklim, ek dink die "vibe" in die huis was net nie lekker nie en alles was bietjie om gegooi.
Kyk hoe lekker hou jy jouself besig op die kombuis blad met die bordkryt, gelukkig vee dit net af.
Jy is baie cheeky nou! Sjoe! Maar jy gesels so baie, ons geniet jou baie!
Skoenlapper = somlappe
Son = Balletjie skonkyn
Daar is so digte bos waar ons verby ry huistoe en jy vertel elke dag vir my dis die "donker bots"
Alex = nou Alets en nie meer Alice nie
Lucy = Lucy kat
En soos ons huistoe ry is jy elke keer (steeds) opgewonde oor die miewe huis (nuwe huis)
Met jou borsie gaan dit goed, ons het begin om jou melkies minder te maak (yogurt ook) veral nou in die winter en spesifiek voor jy gaan slaap, ons gee eerder vir jou tee met 'n KLEIN bietjie melk in, of juice. (Jy noem mos alle koeldrank "groen" as dit oros is, is dit: "groen - oranje")
Dit help baie, jy was lanklaas siek (na die hospitaal) ons hou vol met jou medisyne en mamma stook jou met Viral Choice Junior/Allergex/Creche Guard/Gummi Vites ens.
Alles help, jy is lief vir jou "lekker rooi syntjies"
Jy wil steeds nie in Mamma se bad bad nie, ek dink die "jets" het jou maar bang gemaak.
Met die potjie gaan dit baie goed en jy is net op 'n nag doek, jy drink nog te veel voor jy gaan slaap, so sal nie sommer droog bly deur die nag nie, maar slaap al deur die dag sonder ene met min glipsies - indien enige.
So baie dinge my engel, so baie om te vertel. Mamma sal weer bietjie moet dink wat ek nog alles kan bysit.
Lief vir jou, met my hele hart.
Mamma
Posted by Monzelle de Villiers at 11:36 AM 0 comments
Subscribe to:
Posts (Atom)



