Thursday, August 27, 2009

10 dinge oor jou

Al die mamma's is "getag" deur Irene om 10 goedjies oor hulle babatjies te skryf...

Hier gaan ons

1. Ek is MAL oor jou "chin dimple"
2. Jy is die rustigste babatjie ooit, huil net as iets pla en selfs as jy siek is is jy nie eers 'n handvol nie.
3. Hoe jy GIL van pure plesier en kreun as jy iets probeer doen
4. Hoe jy sommer uitasem is van opgewondenheid as jy nie vinnig genoeg by my bors kan uitkom in die oggend nie
5. Jou ogies mis niks, jy is baie wakker en nuuskierig en die manier wat jy strek, ek en Pappa noem jou 'n "luxurious" strekker...
6. Jy is nie bang om na enige iemand vreemds te gaan nie en ook nie om jou tand-lose glimlag met hulle te deel nie
7. Jou hare, dis die lekkerste ding om te voel teen my gesig as ek jou vashou waar jy sit op my skoot
8. Hoe jy jouself aan die slaap sing of die kussing of kombers krap as 'n soothing geluid
9. Hoe jy dit geniet om in die bad te spat
10. Hoe jy jouself opwen voor jy omrol

Daar is so baie, ek kan aanhou en aanhou...

Bonus, As jy jou vingers en dummy gelyk suig... Dis die oulikste ding om te sien en om te hoor...
Hoe jy drool, hoe lekker jy eet en die sug geluide wat jy maak as jy drink. Hoe jy jou dummy "eet" (suig) met njam njam geluide, hoe jy soos ek slaap met jou gesig gebere onder die komberse of in 'n teddie beer, en die reverse giggel wat jy maak, asof jy jou asem intrek as jy lag...

Ek dink ek sal so elke nou en dan so lysie maak, want dit verander daagliks, en daar is so baie...

Lievijou!

0 comments: