Tuesday, March 30, 2010

Jou 1ste partytjie!

Sjoe, Mamma wou al lankal oor jou partytjie vertel, maar dinge is net so besig!

Jou partytjie was 27 Maart 2010 by Zita Park in Pretoria, dit het 10:00 begin en ons was 14:00 klaar gekuier... Dit was 'n lekker bewolkte dag en ek het nogal bang geraak vir die weer, want as dit sou reën, dan het ons geen plan B gehad nie. Die parkie is oop, daar is nie 'n plekkie waar ons onder dak kon sit nie, alles was beplan vir onder die bome en op die gras. Maar gelukkig het dit net bewolk gebly, dit het vir 2 minute, 10 druppels gereën en toe is dit verby (Sjoe!) en eintlik was dit baie lekker so, want dan was dit nie te warm nie...

Almal wat gesê het hulle sou kom was daar en ons het almal lekker gekuier. Jy het eers bietjie geslapies terwyl ons solank van die eetgoed begin geniet het en toe het Pappa begin om die wors te braai vir die worsrolletjies... Mamma het vir jou 'n beertjie koek gebak wat die kinders kon "opmors", tannie Fiona het weer vir jou 'n pragtige "piekniek" koek laat bak waarop jy jou kersie geblaas het (Wel, Mamma het) en dan het ouma ook vir jou 'n "1" koek gemaak... Lekker! Daar was lekker snackies vir die groot mense tot die worsrolle reg was en allerhande vingerhappies vir julle kinders wat ek en Pappa gemaak het.

Elke maatjie het 'n teddie gekry as geskenkie, 'n seuntie of dogtertjie beer-masker wat Mamma geverf het, en 'n lekker piekniek sakkie vol sweeties, blou vir die seuntjies en pienk vir die dogtertjies, met 'n mooi naamkaartjie...

Daar was geel en rooi balonne en 'n groot rooi "kombers" wat ek gemaak het om op te sit.

Jy het baie persente gekry, baie klere, karretjies, jou fietsie, 'n vistok en katrol by oupa, 'n sandput, jou eerste "quilt" vir jou bed by oupa en ouma groot en baie puzzles. Jy speel so lekker! Mamma kan nie glo al die harde werk was so vinnig verby nie, maar dit was so lekker om hierdie dag vir jou te reël.

Hier is 'n paar fotos van die dag:

Die "main-man"! Met jou masker, besig om lekker sweeties te eet!

Mamma het jou sweeties weg gevat en jou probeer kossies gee, oopsy!

Die maskertjies was Mamma geverf het... Dankie kaartjies Elke maatjie se teddie, met masker en sweeties. Daar was 'n koeldrankie ook by vir elkeenAl jou persente!!! Pappa, Mamma en Joshua! Kom ons blaas die kersie!Jy speel met jou "groot" ballon! Al die maatjies eet lekker! Jou "1" koek wat ouma gebak hetDie teddie koek wat Mamma gebak hetJou "piekniek" koek wat spesiaal vir jou gemaak isDie "piekniek" kombers waar al die maatjies gesit het (die wind het net vreeslik erg gewaai, so die balonne was maar tussen die tafels ingedruk, anders het dit weggewaai)

Wednesday, March 24, 2010

Gelukwense van oral af!

Facebook:

Monzelle de Villiers a very happy birthday to the most special boy in the world! Time flies when you are having fun and that is all you have been to us, just a blessing in every way! You are the most precious boy that mommy and daddy could have ever asked for and we thank God everyday for the joy you bring to our lives. We love you very very much! Happy 1st birthday my angel!

Baie geluk jong!
Geluk Joshua!!!!! En ook aan n spesiale mamma en pappa xx
Happy happy 1st birthday li Josh!!!! ♥ ♥ ♥
Baie Geluk Josh! xx
Happy Birthday Josh the cutie pie. Hope you have a wonderful day. I still can't believe you are a whole year old already!
Happy Birthday Josh. Wishing you many many more
Happy, happy birthday beautiful boy. XXX
congratulations Monz on your son's first birthday. May he contunue to bring joy into your lives
HaPpY HaPpy BiRtHdAy Josh!
Hoop Ma&Pa spoil jou BAIE vandag!
Mag jy nog BAAAAAAIE lank gespaar bly, mag Jesus jou bless
Al d dae van jou lewe!
... xx
blue
Thanks all, he is our life! Dankie Oom Blue!
Happy birthday big boy!
Happy Birthday Joshua! xxx
happy bday Joshua :^)
Happy 1st bday Josh,I hope mommy and daddy spoils u rotten!
Geluk met jou ou seuntjie se eerste verjaarsdag mag daar nog baie wees
Happy Birthday Josh. May you continue to bring joy to everyone you meet.
Happy birthday aan die ouers en Josh!
happy Bday little fellow
Happy birthday!
Very merry happy b-day Josh! Can not believe how fast you have grown!! Enjoy the day with mommy and daddy!!
Wow Congrats Josh on your first birthday and a big Congrats too to your Mommy and Daddy!! yay! Time has gone so fast!! I remember joining OPM and you were only about two months old at the time and I wasnt even Pregnant yet! Wow! Hope you all have a fantastic day on this very special day!! xxx
Happy! Happy! Kan nie glo hy is al 1 nie. Kan nie wag om die verjaarsdag fotos te sien nie.
Baie geluk met julle seuntjie se verjaardag!
Happy birthday!!
Congratulations and Happy Birthday on your 1st birthday Joshua. My the Lord bless you and keep you and make his face shine upon you. Congratulations Monz and well done.
Congratulations to mom and dad, and happy birthday to Joshy! What a blessing, enjoy your first birthday boy!!!
xx
Happy birthday little Josh. COngrats Monz and Mr Monz :-)
Thank you to everyone for the wonderful birthday wishes for Joshua! Much appreciated...
***

Donovan-Roxanne Freestone Happy 1year Josh, may you have a wonderful day. Congratulations mom and dad...

Marthie Martin Baie geluk met jou verjaarsdag Joshua! Tannie stuur baie soentjies en drukkies jou kant toe. Se asb vir mamma en pappa ook geluk en mag jy 'n wonderlike jaar vorentoe he. Baie geluk grootseun!

Lilian January happy bday josh!!!

Vanessa Dias Happy first birthday to Josh!!!

Yolande Carter Haasbroek baie geluk met josh se verjaarsdag!! mag daar nog baie wees!!! geniet dit!! liefde ons hasies

Deune Schutte Hi vroutjie!! Geluk met J se bday, mag hy julle nog BAIE vreugde en liefde in die toekoms verskaf! xxx

Erdna Kruger Happy birthday Josh boy!!! Wens jou nog baie pragtige jare toe!!!!

Chantalle Van Niekerk Baie baie geluk met jou EERSTE verjaarsdaggie Joshua!! Hoop mamma en pappa bederf jou baie en jy kry lekker baie geskenkies!

Mandri Wessels Olivier Baie geluk met Joshua se verjaarsdag! Mag hy julle net meer vreugde bring hierdie jaar!

Margerie Maartens haai girl kan nie glo die seun al een?! myne oor 'n paar dae! aai die tyd vlieg te vinnig want my ander amper 3 - baie geluk

Amy Jill Williams Happy happy birthday to joshua. May this be the first of hundreds :-) lol . Hope this is a year filled with many blessings and more wonderful memories for you as a family . God's richest blessings! Amy and Zoë-Jane

Mel Honiball Wants to wish Josh a very happy 1st birthday!Hope ur mommy and daddy spoils you rotten!whoop whoop!

***
SMS'e:
Jacques, Blyda en Justin: More, se vir Joshua ons se baie geluk met sy verjaarsdag. 'n Drukkie en soentjie van ons drie
Lothar, Desire en Anke: Hi. Baie geluk met Joshua se EERSTE verjaarsdag. Mag die Here hom ryklik seën en nog lank spaar! Om te dink, 'n jaar terug het jy met 'n kleine bondeltjie van 3 ure in jou arms gesit. Jul moet die dag geniet! Groete daar!
Roxanne en Kyle: Geluk met Meneertjie se verjaarsdag vandag! Mag hy julle nog net meer jare van vreugde en liefde bring... Hoop hy het 'n lekker dag... Liefde Kyle en Rox
Leon, Anelda en Karla: Hi Morné en Monzelle, baie geluk met Joshua se 1ste verjaardag! Mag daar nog vele wees. Sien julle Saterdag. Leon, Anelda en Karla
Mariaan: Baie geluk met jou verjaardag Josh!!!!!
Leigh, Jeanette en Hannah: Give Josh a big kiss for me and a happy birthday to my little guy! Love Jen
Douw: Baie geluk met julle seuntjie se verjaardag!
Ouma Lalla: Hallo Morne en Zellie. Geulk met skattebol se 1ste verjaardag, hy is kosbaar vir ons almal. Wens jul baie vreugde en lieflike dae en jare toe. Liefde Oupa en Ouma Groot.
Johan, Qwen-Dalean, Janko en Jonrö: Stier net go vi jo 'n smaail lat jy kan onthou om te onthou dat on jo onthou op hierdie verjaardag van jo! Hoop jy het 'n plesierige dag gehad! Liefde Oom Johan, Tannie Q-D, Janko en Jonrö
Niel en Pauline (en 'n moontlike Joshua): Veels geluk liewe Joshua om dat jy verjaar! Mag die jaar wat voorle besaai wees met alles goed!
Tanya: Baie baie geluk met ou Joshua se verjaarsdag, ek kan nie glo 'n jaar is al verby nie Zell. Sien julle saterdag.
***
Almal het ook gebel, Oupa's, Ouma's, Oupa en Ouma Grootte, Oom Jacques, Tannie Fiona, Dune en Armand, Oom Jacques en Tannie Lies, Roule en Dave, Johann het ook geluk gesê!
***
MINK:
Lilly, Marthie, Nix, Nix1407, Kandis, Chantalle, Jahni, Bellie
***
OPM:
***

1 Jaar Oud!!!

1 jaartjie oud!!!
So word jy wakker, die oggend van jou verjaarsdag!
Jou CAT bulldozer wat jy gekry het, Sam is mos jou eintlike geskenk wat jy al lankal gekry het, maar ons kon nie NIKS vir jou gee op die dag nie, toe koop ons vir jou die trokkie...
Pappa en Mamma saam met jou op jou verjaarsdag!

***
My liefie kind, jy is 1 jaartjie oud! Mamma en Pappa kan nie glo die tyd het so vinnig verby gegaan nie... Dit voel REGTIG soos gister wat jy gebore was!

Baie geluk ons groot seun, mag Liewe Jesus vir jou nog baie jare spaar, selfs wanneer ons nie meer hier is nie. Jy is 'n engel! Jy is ons sonstraaltjie, jy is ons alles. Jy is net 'n seën in ons lewens en ons is so dankbaar vir die liefde wat jy vir ons gee en die plesier wat jy aan ons verskaf.

Ons het gisteraand vir jou 'n koek gebak (Pappa het) wat jy net kon opmors en by jouself eet, jy het dit baie geniet!
***
Lekker laf op die bank, jy kan nou al self afklim!
Hier is 'n paar foto'tjies van jou koek-eet-episode:

Saterdag is jou groot partytjie, Mamma hoop en bid net die reën bly weg, want anders gaan ons in die modder sit.

Pappa en Mamma is baie lief vir jou! Dankie vir die liefde wat jy vir ons gee!

XXX

Tuesday, March 23, 2010

Random

Ek gaan vanaand vir jou 'n hele storietjie skryf, want jy is vandag 1!!!! Mamma gaan vir jou 'n koek bak waarmee jy kan mors en dan sal ek foto'tjies opsit! Ek kan nie glo jy is al so groot nie my engel, mamma is soooo lief vir jou!



Hierdie is sommer net 'n random geselsie en so paar fototjies wat op my foon was...

Jy het gister (22 Maart 2010) self begin om van die bed en banke af te klim, mooi met jou boude en bene eerste soos ons jou geleer het.

Jy het laasweek so 'n halwe treetjie op jou eie gegee, jy het teen jou loopring gestaan en ek het langs jou kom staan en my hand uitgesteek, jy het gelos getrap en my hande vas gevat, so dis nog nie heeltemal jou eie eerste treetjie nie, maar dis 'n begin.

Mamma het vir al die kindertjies in jou klassie vandag sweety pakkies saamgestuur, sodat julle lekker kan partytjie hou, ek hoop julle geniet dit!

Jou groot partytjie is saterdag en ek dink dit gaan baie lekker wees, mamma werk hard aan al die reelings!

Hier is 'n fototjie en 'n video van jou...

**Lekker eet ons broodjies by die skool (van links om: Wiesner, Carli, Lenique, Duvan, Luan, Jy in die middel)**

Hoe lekker speel ek met Pappa se ou keyboard...

Lief vir jou my engel, tot ek vanaand weer skryf!

Thursday, March 18, 2010

Waai!

Ek wag al so lank vir die dag, jy klap al lankal handjies, maar het nooit gelyk of jy enigsins belangstel in waai nie. Toe ek jou gister by die skool gaan haal en met jou die "waai-speletjie" in die kar speel toe waai jy terug vir Mamma!!! Ek is so bly, en SO trots op jou my liefie seun! Jy word nou te vinnig groot!

**Waai - 17 Maart 2010**

Wednesday, March 17, 2010

Jou kamer

Ek dink nie Mamma het al ooit gewys hoe lyk jou kamer nie! Hier gaan ons!

Gordyne en blind wat ek eers 'n week voor jy gebore is klaar gemaak het...
'n paar beertjies...

Jou kot...

Gordyne...

Die mure se verf tegniek...

Chest of drawers...

Jou prentjies, wat ek ook eers 4 dae voor jou koms klaar geverf het...

Ander prentjie...

Kot met muskiet net...

Nappy stacker wat Ouma gemaak het...


Wiegstoel, dit was Oumagroot (Lalla) se wiegstoel wat sy gebruik het toe Ouma gebore is, Ouma het dit weer gebruik toe ek gebore is en nou het ek hom met jou gebruik...


Monday, March 15, 2010

11 maande! LAAT


Ai, sies vir mamma wat nie eers 'n update gegee het op 11 maande nie. Dinge was maar bietjie dol hier by ons. Jy "cruise" nou al die hele wereld vol teen die banke, mure, staan orals op en los elke nou en dan en "vergeet" so bietjie dan staan jy by jouself. Ek het gedink en gehoop jy sou al loop voor jou verjaarsdag, maar lyk my ons gaan nog so bietjie wag... Maar Mamma is nie haastig nie, jy ontwikkel soos jy moet en op jou eie tyd. Ons was by die kliniek gewees en jy weeg nou al 8.82kg, is 76cm lank en jou kop omtrek het gegroei van 45cm na 48cm. (Baie breins bygekry, he he he) Ons gaan die 29ste vir jou 12 maande weeg en inspuit teen waterpokkies.

Mamma is nog besig met al die partytjie reelings, dit is oor 2 weke en ek dink dit gaan baie lekker wees. Daar kom nie so baie mense soos ons genooi het nie, maar ons is dankbaar vir die wat dit maak.

Hier is jou uitnodiging...
Jy en Sam speel nog alte lekker saam, hy word al baie groot, maar ek dink julle gaan lekker maatjies wees!

Lief vir jou my amper kleutertjie!