Wednesday, August 5, 2009

Sommer net...

Vandag is sommer net 'n gesels. Jy eet nou al 2 dae jou piesang in die middag, ek het gister vir jou 'n hele week se butternut gekook en ge-pureé om elke aand te eet. Jou doop klere is al gewas en uitgespoel en hang netjies op 'n hanger. Al jou wasgoed is gewas, jou taliet is skoon want Lucy het besluit dis 'n lekker plekkie om te lê met haar modder pootjies... Ons het bietjie in die tuin gaan stap so oor middag-ete en nou lê jy en slapies.

Ouma-groot het nog gesê sy sal vandag kom kuier, ek wag nog om te hoor... Sy gaan bietjie help met Lienka. Ek is besig met filing hier by die huis, want anders gaan Pappa alles wat rondlê weggooi, oops...

Anders is daar nie veel nuwe dinge aan die gang nie... Jy smile vir die hele wêreld en is so soet soos altyd, gisteraand het jy weer deurgeslaap sonder 'n piep, dit gebeur nou so af en toe baie meer gereeld, so ek dink jy doen baie goed.

Ek en Pappa is op so dieet affêre, hy het mos nou begin gym by 'n personal trainer, elke maandag, dinsdag, donderdag en vrydag oggend 6uur (jiggggg) en dan moet hy 'n eetplan volg. Ek kan nou nie vir hom kos maak in die aand en vir my kos maak nie, so ek eet maar saam met hom. Dis darem nie te sleg nie, gelukkig is daar bietjie rooivleis, nie soos laasweek met die detox wat ons vir 7 dae elke aand moes vis eet nie. Ek is baie lief vir vis, maar tot ek het naderhand gevoel ek kan 'n boks vis teen die muur gooi!

Wel, laat ek aangaan met my filing, voor alles in die asblik beland...

Jy moet lekker slapies, net nou kry jy lekker pampoen vir aandete.

Lief vir jou!
Mamma

0 comments: