Thursday, February 7, 2013

En so stap die tyd aan!

My seuntjie, jy word al amper 4!!! Mamma is nou juis besig om uitnodigings te maak vir jou partytjie oor bietjie meer as 'n maand. Jou tema hierdie jaar is "LEGO" so ek bou lekker!

Ek sal nog jou 3de partytjie se foto's ook opsit, die tema was "Spongebob Squarepants" en dit was so oulik!

Jy het op die eerste dag van 2012 na die pers klas geskuif, by Juffrou Colleen, sy is ook aan die einde van 2012 weg by Prinsies en Prinsessies. Nou is jy in die Groen klas vir die jaar, by Juffrou Lydia.

Jy speel Rugby by Rugga Kids en Swem by Lifeshape deur die skool en jy geniet dit baie!

Jy word nou 'n regte groot seun met snaakse idees en oulike sê goed!

Mamma sal alles vir jou hier kom neerskryf met die datums waarop dit gebeur het, sodat ons kan onthou. Ek belowe ek sal meer tyd maak!

Laat ek verder plak, ek wil jou uitnodigings vinnig by die skool kry.

Lief vir jou my groot seun.
Mamma