So het Mamma jou al die laaste week of wat goed ge-prodol, met die onderste linker kiestandjie wat oppad is, dat ek nie eers agtergekom het dat die boonste regter kiestandjie sommer so in die stilte sy verskyning gemaak het nie.
Jou regter oortjie het vreeslik uitgeloop Dinsdag 25 Mei, so ek reken dit is toe die tandjie gesny het, want toe ek hom gister sien was hy al van so aard dat dit 'n paar dae se groei gehad het. Yeah, ongemerk en sonder probleme, jy slaap steeds deur, al amper vir 'n maand nou.
Die onderste tandjie het dan ook nou gesny gister (29 Mei) nou het jy 11 tandjies. 3 kiestande klaar, 5 om te gaan...
Sunday, May 30, 2010
Nr. 10 en 11
Posted by Monzelle de Villiers at 1:12 PM 0 comments
Sunday, May 23, 2010
14 Maande!
Vandag is jy 14 maande oud. Sjoe! En vir die eerste keer in 'n lang tyd skryf ek betyds op jou blog. Oor hopenlik 4 maande skuif ons jou na jou eie bedjie (die meer die kot nie) en dan begin ons potty train (tensy jy voor dan wys jy is reg daarvoor) Oor seker so 2 of 3 maande van nou af skuif jy ook na die volgende klassie in die skool, dan is ons darem klaar met die trappe klim vir 'n rukkie!

Posted by Monzelle de Villiers at 9:46 PM 0 comments
Friday, May 14, 2010
Kyk wat het Mamma gekry!
Foto's op my "ou" foon...
'n Foto van jou die eerste aand (ons was nog in die hospitaal en dit was net na 'n voeding), dit was omtrent 2am, Dinsdag oggend (24 Maart 2009) jy was wawyd wakker en het net vir my gele en loer. Dit was ook die eerste keer wat jy jou ogies langer as 'n paar sekondes oop gehou het...
'n Week oud, 30 Maart 2009, regte engeltjie
Ons eerste "grocery shopping" uitstappie
Die eerste keer wat jy 'n dummy gesuig het (5 weke oud)
Een van jou eerste glimlaggies
...'n terugblik in die "argiewe"...
Posted by Monzelle de Villiers at 10:53 AM 3 comments
Monday, May 3, 2010
13 maande (bietjie laat)
Posted by Monzelle de Villiers at 5:25 PM 0 comments