17 Maande!!
Kyk hoe oulik tap jy water vir die woefe...
Jy is nou al 17 maande oud (wel, al amper 18 maande) en jy is lekker besig. Jy speel elke dag buite saam met die honde, in die grond en jy geniet dit vreeslik. In die aande is die bad lekker bruin van al die stof!
Jou woordjies word nou al hoe meer en jy probeer sê wat ons sê. En jy loop nie meer nie, nou hardloop jy!
Ons gaan amper weer vir jou laaste inspuitings vir 'n rukkie en dan sal ons sien wat jy nou al weeg.
Met jou refluks gaan dit baie beter, jy het maar nog so kuggie nou en dan, maar dis nie so erg soos dit altyd was nie en Mamma is baie dankbaar ons het by die regte dokter uitgekom.
Jy is net so oulik en ons besef elke dag dat jy lankal nie meer 'n "baba" is nie, jy is nou 'n seuntjie, te oulik.
Tandjies is steeds op 16 so ons kyk maar wanneer die laaste 4 uitkom, dink ons het nog 'n rukkie se "rus"
Jy slaap lekker op jou bed, dink dis lekker gemaklik vir jou met al die spasie...
Mamma en Pappa is baie lief vir jou!


0 comments:
Post a Comment