Sunday, July 18, 2010

Sieke kind...

Ai jai jai my engel, toe beland jy nou in die hospitaal met Rotavirus! (Ten spyte van jou inentings) Jy het die naweek sleg geeet, maar Mamma het dit toegeskryf aan jou oogtandjies wat gesny het. (Tandjie 15 - links bo - sny Vrydag 9 Julie)

Maandag het die skool gebel en laat weet dat jy 'n koors het en weer nie wil eet nie en ook nie drink nie en Mamma het jou dadelik na Dr. Bram toe gevat. Mangelontsteking is by jou gediagnoseer. Op antibiotika en die works...

Dinsdag aand begin jy onverklaarbaar opgooi en Woensdag oggend begin die doeke loop, nie soos die gewone antibiotika doeke nie, maar water, en doeke by die minuut. Mamma vat jou hierdie keer maar eerder pediater toe, want dinge lyk glad nie lekker nie, jy hou nie veel in nie en wil nie eet nie. Gastroenteritis, en jy moet dadelik opgeneem word.

So spandeer ons die volgende 2 nagte in die hospitaal en nie Mamma of Pappa mag oorslaap nie, want jy is in isolasie. Ons is heeldag by jou, jy is darem op en wakker en lyk nie regtig siek nie, maar ons moet aanhoudend vloeistof in jou lyfie kry om te verhoed dat jy dehidreer, so jy is op 'n drip en slegs op rooibostee met lekker soet soet canderel (mag nie suiker drink nie) Jy word sommer vinnig beter en ons is Vrydag ontslaan. Lekker gele en slapies die middag en jy is nou weer op jou stukke!

Nou het Mamma die maag gogga gekry!

Dag 1 in hospitaal


Dag 2...


Ek loer vir almal in die hospitaal.


Eet 'n lekker broodjie


Dag 3...


Slapies voor ek huistoe gaan


By die huis

 

1 comments:

Martie xxx said...

Agge jitte, hy is soooo kosbaar. Ek wil daai bekkie net n vet soentjie gee!!!!!

Ek is soooo bly hy is beter! xx