My engelkind, jy is nou al 15 maande oud. Ons was by die kliniek vir jou voorlaaste inspuitings tot en met 6 jaar. Mamma kan nie glo ons is amper klaar nie! Yippie! Jy was bietjie skrikkerig hierdie keer (ek dink jy onthou nou wat gaan gebeur) jy is nie regtig gepla met die inspuiting self nie, maar hou nie van die kamer en die bed waarop jy moet sit nie, so Mamma hou jou maar vas... Jy weeg nou 10.5kg, is 80cm lank en jou koppie is steeds 49cm.
Tandjie 13 (onderste linker oog-tand) het gesny op 25 Junie. Mamma sien albei boonste oog-tandjies skyn spierwit puntjies deur die tandvleis, so ek reken hulle is volgende en sommer gou ook. Jou tandjies kom nou met 'n spoed! Hier sien mens nog net net die wit deur die tandvleis skyn van die oogtandjie...

Jy het gisteraand by Oumie en Oupie gaan slaap, Dune was ook daar om te help oppas. Mamma en Pappa het gaan sokker kyk op Loftus (Chile vs. Spain) WOW! Dit was ongelooflik gewees. 'n BELEWENIS.
Jy is lekker besig en verken alles om jou. Mamma geniet dit om sommer net te sit en vir jou te kyk. Hoe jy klippies in blikkies laat val, water uit die hondebak drink (oh well), in die tuin speel, agter Sam aan hardloop, vir Lucy jaag (Luca is steeds weg) en sommer net die huis ophelder met jou laggies en gille. Jou persoonlikheid het SOVEEL verander die laaste maand, jy is 'n regte grappies!
Mamma het groot planne wat voorle en ek hoop en bid dat dit alles in Liewe Jesus se wil is, want eendag gaan ons terug kyk en ons gaan weet dit was die moeite werd. Nie net vir my nie, maar ook vir julle en wat ek alles kan bied tot die gesin.
Ons het vanoggend toe ons jou gaan optel het by Oumie en Oupie gou gestop by vriende van Roule en Dave, hulle het baba hondjies wat hulle wil weggee aan goeie huise. Ons kom nie heeltemal met aandag by Sam uit nie, so ons wil vir hom 'n maatjie kry. Dis Jack Russeltjies gekruis met 'n Yorkie. Kyk die foto van die enetjie wat ons gekies het!
Soos altyd, jy is 'n engel en Mamma en Pappa is BAIE lief vir jou, gelukkige 15 maande choppie!
0 comments:
Post a Comment