Ek het die laaste week begin agterkom dat jy nou al so sterk is, jy begin ons nou vermaak met jou skoppe! (Om nie te praat van laasweek nie, toe Pappa vir jou sê jy moet skop en daar gee jy hom toe die hardste skop nog!) Mens kan jou al sien skop nou. Klein bewegingtjies, maar dis daar. En dis lekker!
Ons speel nou vir jou lekker Baby Einstein se Mozart liedjies in die aande voor ons gaan slaap (ek wonder wat dink jy daarvan?) Ons wonder of dit dalk vir jou 'n slaap "trigger" sal wees? Sal interessant wees om te sien hoe dit jou beinvloed!
Ons kry ook vanaand ons houtvloere, en dit word Woensdag vir ons ingesit. Dit gaan so mooi lyk! Dan kan ons met jou kamer begin, daar is die oulikste idees, so ons gaan lekker werk om jou kamer vir jou perfek te maak oor Desember....
Lekker verder skop seuntjie, vanaand speel ons weer musiek!
Lievijou
Mamma
Monday, November 24, 2008
Ons sien jou!
Posted by Monzelle de Villiers at 10:08 AM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 comments:
Post a Comment