Ons het vandag weer vir jou gaan loer en was jy besig! Darem nie te veel dat ons niks kon sien nie...
Jy het vandag 403g geweeg, maar ons kon jou nie meet nie... Ons het vandag ook meestal na al die "anatomie" gekyk, jou magie, blaas, brein, lippies (wat lyk my van my afkom!) en jou hartjie. Alles lyk so mooi en perfek, ons het ook jou aorta gesien soos wat hy uit die hartjie loop tot waar hy vertak by die beentjies. Dit is darem verstommend! Mens kon jou vingertjies en tone almal tel! (Ek wil my ook nou nie verbeel nie, maar dit het op 'n stadium gelyk of jy lekker met jou piepster speel!!) Ons het ook weer vandag bevestiging gekry dat jy wel 'n blou-voet is (nie dat ons getwyfel het nie)
Gisteraand se gym klas was baie lekker gewees, daar was net 3 ander mamma's so dis nie te beknop nie. Dit is lekker oefening wat ek dink goed is, nogal verbasend hoe hulle jou dril as mens swanger is, sou gedink het mens moet bietjie rustiger wees met die oefen, maar nee... Ek geniet dit baie, ek en jy gaan van nou af elke woensdag en saterdag bietjie oefen!
Pappa dink jy gaan 'n atleet en 'n rugby speler wees, want jy het vir ons lekker fris beentjies gewys vanoggend! (Ek dink nog jy gaan bietjie arty ook wees...)
Tot ek weer skryf...
Lievijou!
Mamma
Thursday, November 13, 2008
Hallo my Snippie kind...
Posted by Monzelle de Villiers at 1:45 PM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 comments:
Post a Comment