Hi my seun
Sjoe, watter ongelooflike voorreg om jou weer te gesien het vandag, pappa kan net nie wag om jou in my eie arms vas te hou nie! En nadat ek daardie fris bene van jou gesien het, kan ek nie wag om jou te leer hoe om rugby te speel, en hekkies te hardloop nie.....sal dit maar los vir oom Wiets.
En ja, dit lyk verseker of jy mamma se lippe gekry het, so lank jy net nie die meisies se harte breek met daar 'soenbare' lippe nie. (Dit is wat die ginokoloog dit genoem het)
Dit reg my seun, as jy wil kuns doen sal ons jou die vryheid gee om jouself uit te druk. Doen wat jou hart begeer my kind, moet nie bang wees om foute te maak nie, doen wat jy dink is reg maar onthou daar is altyd verantwoordelikhede en gevolge wat gepaart gaan met besluite. Ek is baie lief vir jou, en kan nie wag om jou finaal te ontmoet nie!
Liefjou
Pappa
Thursday, November 13, 2008
Joshua
Posted by Morné de Villiers at 4:38 PM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 comments:
Post a Comment