Tuesday, November 18, 2008

Jou name

Hallo my seun

Ek het gedink dit sal vir jou interesant wees om vir jou te verduidelik hoe mamma en pappa op jou name besluit het. Ons glo dat 'n naam vreeslik belangrik is, en dat jy basies eendag word wat jou naam beteken.

Daarom het ons name vir jou gekies wat iets belangriks beteken. Jou eerste naam sal jou karakter beskryf en jou tweede naam die roeping op jou lewe. Eendag as jy oud genoeg is om die boodskappies te lees, sal ons weet of ons reg was of nie ;-)

Joshua: God is my salvation. (En hy was 'n baie goeie leier wat Moses opgevolg het in die Bybel)
Connor: Stronghold of God, keeper of the truth.

Wel, tot ons weer gesels ou bulletjie.....jy moet lekker skop vanaand dat pappa kan voel of jy sterker word.

Lief vir jou.
Pappa

0 comments: