Monday, November 17, 2008

Ek is net 'n mamma.

Mense sê altyd jy kry "seuntjie-mamma's" of "dogtertjie-mamma's". Daar is al baie vir my gesê ek is 'n "seuntjie-mamma", maar ek dink ek is albei (eintlik dink ek ek is net 'n mamma) Ek hou van frilletjies en tierlantyntjies en dogtertjie dinge soos klere maak en mooi maak, maar dan hou ek ook van seuntjie goed en vuil word in die tuin, om Pappa te help om 'n stoof uitmekaar te haal en te sien wat gaan daar binne aan. Ek het ook met karretjies gespeel toe ek klein was en albasters saam met die seuntjies by die skool (ek het hulle nogal baie gewen!) en jou ouma het my weer die naweek vertel hoe baie ek met goggas gespeel het...


Ek dink ek handhaaf 'n goeie balans tussen die twee. Ek dink wel, omdat ek weet jy is oppad en omdat ek myself al begin voorberei vir 'n klein piepster-mannetjie in die huis is ek eintlik dalk net meer in "seuntjie-mode" deesdae.

Ek, jou ouma en jou oumagrootjie was die naweek op 'n VROUE-kamp, dit was baie spesiaal, en baie lekker. Dit was vreemd vir hulle, maar ek het dit so waardeer dat hulle ten spyte van die wete dat dit dalk bietjie vreemd gaan wees, bereid was om saam met my te kom en die naweek met my (en jou) te deel. Daar was so baie goggas op die vrouekamp en op 'n stadium het 'n groot groen spinnekop van die dak af op jou ouma se kop neergesak, ek het hom vinnig afgehaal met my baadjie en daarna kon ek nie ophou vir hom kyk nie, hy was so interessant!

MAAR dan..... die GROOT oomblik van die naweek, en hier is 'n bewys dat ek op die stadium dalk net meer in die "seuntjie-mamma" kategorie val... Jou pa wou hom ook vashou met die mannekamp so 2 naweke terug, maar het toe nie tyd gekry nie, ek dink volgende keer sal hy verseker!
Dis eintlik 'n vroutjie spinnekop wat 4 jaar oud is, sy was so liggies op jou hand, mens kon geen gewig voel nie, net as sy begin loop dan voel jy 'n kielie, maar geen gewig nie...
Ek kan nie wag om saam met jou met goggas te speel nie! Ek kan nie wag dat jy gebore word nie! Tyd kom al hoe nader, een van die dae... Tot dan my engel...
Liefde
Mamma

0 comments: