Wednesday, November 12, 2008

Hallo my seun.....

Wow, ek het verseker nie my eie blog gehad toe ek nog in jou ouma se 'maag' was nie! Ek wil maar net vir jou sê dat ek baie lief is vir jou en ons kan nie wag om jou gesiggie te sien nie.

Ek het so baie dinge wat ek jou wil leer my seun, hoe om 'n bal te skop, hoe om 'n vrou te behandel en hoe om jou lewe te leef vir ander mense! Ek belowe jou dat ek sal alles in my vermoë sal doen om jou te beskerm, jou die lesse van die lewe te leer en jou lief te hê.

Ek moet nou gaan, maar ek sal gou-gou weer vir jou 'n briefie skryf.

Liefjou baie.
Pappa

1 comments:

Anonymous said...

Hey klein wonderwerkie,
Sjoee...dis sooo lekker om te sien hoe jy groei en begin mensie word. Weet jy my skat, Jesus se in die bybel, dat terwyl jy daar in mamma se maag is, is Hy die hele tyd by jou, net jy en Jesus...hy vorm jou en maak jou...Perfek! Ons weet dat jy miskien jou mamma se lippies gaan he en pappa se lengte, maar weet jy my ding, eitlik maak Jesus jou soos Hom...want jy is Syne!
Ons is al klaar so lief vir jou, en kan ek jou n geheimpie vertel...jy mag maar vir mamma skop, sy hou daarvan...
Baie liefies vir jou
Jou tannie, Roule