Monday, September 26, 2011

Nuwe klassie!

Vandag is dit 1 week nadat jy aangeskuif het na die nuwe klassie. Jy is nou by Juffrou Jeannie in die saal. Mamma en Caroline het lekker gehuil. Ons gaan haar baie mis. As iemand jou gevra het wie is jou beste maatjie, dan het jy gesê: "Caroline"

Dit was maar 'n moeilike week gewees, party oggende was dit swaar om jou af te laai en te los, jy was nie baie gelukkig nie, anders oggende was dit weer makliker. Maar ek dink ons begin nou wen. Jy is klaar tuis met Liesbet en solank ek jou aflaai voor die klok lui en die hele skool se kinders in die saal inboender om bietjie te sing, is jy gemaklik.

Klink darem vir my of daar nog 2 maatjies vandag afskuif en volgende week ook 2. Jy het saam met 2 maatjies geskuif laas week, maar dit is nie regtig maatjies waarmee jy speel nie. Nou sal daar bekender gesiggies wees.

Verder is jy net 'n regte klein chatterbox, dans elke aand op "So you think you can dance" (ons kon dit nog nie regkry om dit af te neem nie) en jy is baie fluks om te help met goedjies wat ons vir jou vra.

Kunswerke in jou nuwe klassie:

Plak werk

Leer knip op die lyntjies 


Mamma is so baie baie lief vir jou, dis onbeskryflik.

Tot later my engel, tot later.

Mamma.

0 comments: