As ek dit net op kamera kan vaslê, maar nee, jy hou op!
Jou nuutse:
"Daar's vissies in die water"
en die tema lied van "Masterchef Australia" aan die einde sing hulle "come on, come on" jy sing daai deeltjie.
Jy weeg nou al 13.3kg, mamma het jou lanklaas gemeet, want jy wil nie stil staan nie, maar ek sal weer probeer.
Tande is nogsteeds op 16, lyk my die kiestande vat hulle tyd.
Jy het 'n skool foto geneem so maand of wat terug, hier is hy:
Ons is nog besig met die huis, amper klaar. Ek hoop... Maar jy is darem weer "rustig" in jou roetine, na al die kap en breek klaar is. (Jy het mos vir amper 2 weke elke aand (oggend) hier teen 3 uur in ons bed kom inklim, ek dink die "vibe" in die huis was net nie lekker nie en alles was bietjie om gegooi.
Kyk hoe lekker hou jy jouself besig op die kombuis blad met die bordkryt, gelukkig vee dit net af.
Jy is baie cheeky nou! Sjoe! Maar jy gesels so baie, ons geniet jou baie!
Skoenlapper = somlappe
Son = Balletjie skonkyn
Daar is so digte bos waar ons verby ry huistoe en jy vertel elke dag vir my dis die "donker bots"
Alex = nou Alets en nie meer Alice nie
Lucy = Lucy kat
En soos ons huistoe ry is jy elke keer (steeds) opgewonde oor die miewe huis (nuwe huis)
Met jou borsie gaan dit goed, ons het begin om jou melkies minder te maak (yogurt ook) veral nou in die winter en spesifiek voor jy gaan slaap, ons gee eerder vir jou tee met 'n KLEIN bietjie melk in, of juice. (Jy noem mos alle koeldrank "groen" as dit oros is, is dit: "groen - oranje")
Dit help baie, jy was lanklaas siek (na die hospitaal) ons hou vol met jou medisyne en mamma stook jou met Viral Choice Junior/Allergex/Creche Guard/Gummi Vites ens.
Alles help, jy is lief vir jou "lekker rooi syntjies"
Jy wil steeds nie in Mamma se bad bad nie, ek dink die "jets" het jou maar bang gemaak.
Met die potjie gaan dit baie goed en jy is net op 'n nag doek, jy drink nog te veel voor jy gaan slaap, so sal nie sommer droog bly deur die nag nie, maar slaap al deur die dag sonder ene met min glipsies - indien enige.
So baie dinge my engel, so baie om te vertel. Mamma sal weer bietjie moet dink wat ek nog alles kan bysit.
Lief vir jou, met my hele hart.
Mamma

0 comments:
Post a Comment