Ja nee, daar is hulle nou, al 4 jou laaste kiestande is uit!
Ek het jou Maandag (6de Junie) by die skool gaan haal en dadelik gesien iets is nie lekker nie. Jy was huilerig en die juffrou het gesê jy kla dat iets seer is, maar hulle weet nie wat nie. Caroline het ook vertel hoe jy net buite sit en nie wil speel nie. Jy begin net huil, maar "jou stem kom nie uit nie" en jy ruk van pyn as jy huil.
Mamma het jou opgetel en kon voel jy is warm, jy het koors. Jy het sommer in die kar aan die slaap geraak oppad huistoe (snaaks) en ons het by die apteek gestop om vir jou medisyne te kry. In die kar kon jy darem vir my wys/sê jou mond/keel is seer. Mamma het vir jou Lotem gekoop. In die apteek het jy begin huil en ek kon dadelik sien wat Caroline bedoel het, jou keel/mond was so seer dat jy nie eers kon huil nie, jy het geskree van die pyn... Mamma het jou so jammer gekry.
Ons is huistoe, ek het jou medisyne vir jou gegee en jy het dadelik gaan slaap. (Seker tot so 9 uur) toe is jy weer 100%, op en wakker, eet 'n broodjie asof niks fout is nie. Dit was vir my vreemd, want 'n keelseer sal nie net 'n paar uur hou nie, so ons het geweet iets anders is fout. (Jy het nog nie eenkeer weer gekla nie)
Vanoggend toe sit hulle al 4 daar. Die kant wat jy gewys het was seer was die meeste al uit, so ek neem aan hy het eerste gesny en die res deur die week.
Nou kan ons sê: 20 Tandjies in totaal... (Gesny tussen 6 Junie en 10 Junie)
0 comments:
Post a Comment