Monday, May 23, 2011

Hallo lief seun

Mamma skryf so min... Jammer...

Jy sing die barney liedjie nou al so cute, mamma wil dit so graag opneem, maar elke keer hou jy op sing, dit gaan min of meer so:

I love you
You loves me
We're happy family
Great big hug
Me you
Say you loves me too...

Jy ken Vader Jakob:

Vader Jakob
Vader Jakob
Slaap jy nog
Slaap jy nog
Kliek Klak Klok Klok
Kliek Klak Klok Klok
Dieng Dieng Dell
Dieng Dieng Dell

(Dis nou jou woorde)

Jy is baie besig, maar jy is 'n karakter op jou eie! Jy is regtig 'n slim ou dingetjie, ken al soveel kleure (wit, swart, rooi, blou, geel, groen, pink, oranje, pers en volgende sal ons bruin begin leer)

Jy slapies soos 'n droom, ek kyk maar as ek jou medisyne elke tweede dag gee of dit 'n verskil maak, op hierdie stadium gaan dit nog goed.

Mamma beplan om jou kamer heeltemal oor te doen (of reg te doen) binne die volgende 2 maande of so, wanneer ons begin om sussie (of boetie) se kamer te begin. Jy  het maar nog net ingetrek, ek wil darem 'n bietjie verf en so...

Ons is amper klaar met die huis, Mamma kan nie wag nie. En een van die dae is ons op vakansie, dan is dit net oor jou vir 'n week.

Lief vir jou my engel...
Mamma

0 comments: