Tuesday, March 30, 2010

Jou 1ste partytjie!

Sjoe, Mamma wou al lankal oor jou partytjie vertel, maar dinge is net so besig!

Jou partytjie was 27 Maart 2010 by Zita Park in Pretoria, dit het 10:00 begin en ons was 14:00 klaar gekuier... Dit was 'n lekker bewolkte dag en ek het nogal bang geraak vir die weer, want as dit sou reën, dan het ons geen plan B gehad nie. Die parkie is oop, daar is nie 'n plekkie waar ons onder dak kon sit nie, alles was beplan vir onder die bome en op die gras. Maar gelukkig het dit net bewolk gebly, dit het vir 2 minute, 10 druppels gereën en toe is dit verby (Sjoe!) en eintlik was dit baie lekker so, want dan was dit nie te warm nie...

Almal wat gesê het hulle sou kom was daar en ons het almal lekker gekuier. Jy het eers bietjie geslapies terwyl ons solank van die eetgoed begin geniet het en toe het Pappa begin om die wors te braai vir die worsrolletjies... Mamma het vir jou 'n beertjie koek gebak wat die kinders kon "opmors", tannie Fiona het weer vir jou 'n pragtige "piekniek" koek laat bak waarop jy jou kersie geblaas het (Wel, Mamma het) en dan het ouma ook vir jou 'n "1" koek gemaak... Lekker! Daar was lekker snackies vir die groot mense tot die worsrolle reg was en allerhande vingerhappies vir julle kinders wat ek en Pappa gemaak het.

Elke maatjie het 'n teddie gekry as geskenkie, 'n seuntie of dogtertjie beer-masker wat Mamma geverf het, en 'n lekker piekniek sakkie vol sweeties, blou vir die seuntjies en pienk vir die dogtertjies, met 'n mooi naamkaartjie...

Daar was geel en rooi balonne en 'n groot rooi "kombers" wat ek gemaak het om op te sit.

Jy het baie persente gekry, baie klere, karretjies, jou fietsie, 'n vistok en katrol by oupa, 'n sandput, jou eerste "quilt" vir jou bed by oupa en ouma groot en baie puzzles. Jy speel so lekker! Mamma kan nie glo al die harde werk was so vinnig verby nie, maar dit was so lekker om hierdie dag vir jou te reël.

Hier is 'n paar fotos van die dag:

Die "main-man"! Met jou masker, besig om lekker sweeties te eet!

Mamma het jou sweeties weg gevat en jou probeer kossies gee, oopsy!

Die maskertjies was Mamma geverf het... Dankie kaartjies Elke maatjie se teddie, met masker en sweeties. Daar was 'n koeldrankie ook by vir elkeenAl jou persente!!! Pappa, Mamma en Joshua! Kom ons blaas die kersie!Jy speel met jou "groot" ballon! Al die maatjies eet lekker! Jou "1" koek wat ouma gebak hetDie teddie koek wat Mamma gebak hetJou "piekniek" koek wat spesiaal vir jou gemaak isDie "piekniek" kombers waar al die maatjies gesit het (die wind het net vreeslik erg gewaai, so die balonne was maar tussen die tafels ingedruk, anders het dit weggewaai)

0 comments: