Monday, March 15, 2010

11 maande! LAAT


Ai, sies vir mamma wat nie eers 'n update gegee het op 11 maande nie. Dinge was maar bietjie dol hier by ons. Jy "cruise" nou al die hele wereld vol teen die banke, mure, staan orals op en los elke nou en dan en "vergeet" so bietjie dan staan jy by jouself. Ek het gedink en gehoop jy sou al loop voor jou verjaarsdag, maar lyk my ons gaan nog so bietjie wag... Maar Mamma is nie haastig nie, jy ontwikkel soos jy moet en op jou eie tyd. Ons was by die kliniek gewees en jy weeg nou al 8.82kg, is 76cm lank en jou kop omtrek het gegroei van 45cm na 48cm. (Baie breins bygekry, he he he) Ons gaan die 29ste vir jou 12 maande weeg en inspuit teen waterpokkies.

Mamma is nog besig met al die partytjie reelings, dit is oor 2 weke en ek dink dit gaan baie lekker wees. Daar kom nie so baie mense soos ons genooi het nie, maar ons is dankbaar vir die wat dit maak.

Hier is jou uitnodiging...
Jy en Sam speel nog alte lekker saam, hy word al baie groot, maar ek dink julle gaan lekker maatjies wees!

Lief vir jou my amper kleutertjie!

0 comments: