Ek gaan vanaand vir jou 'n hele storietjie skryf, want jy is vandag 1!!!! Mamma gaan vir jou 'n koek bak waarmee jy kan mors en dan sal ek foto'tjies opsit! Ek kan nie glo jy is al so groot nie my engel, mamma is soooo lief vir jou!
Hierdie is sommer net 'n random geselsie en so paar fototjies wat op my foon was...
Jy het gister (22 Maart 2010) self begin om van die bed en banke af te klim, mooi met jou boude en bene eerste soos ons jou geleer het.
Jy het laasweek so 'n halwe treetjie op jou eie gegee, jy het teen jou loopring gestaan en ek het langs jou kom staan en my hand uitgesteek, jy het gelos getrap en my hande vas gevat, so dis nog nie heeltemal jou eie eerste treetjie nie, maar dis 'n begin.
Mamma het vir al die kindertjies in jou klassie vandag sweety pakkies saamgestuur, sodat julle lekker kan partytjie hou, ek hoop julle geniet dit!
Jou groot partytjie is saterdag en ek dink dit gaan baie lekker wees, mamma werk hard aan al die reelings!
Hier is 'n fototjie en 'n video van jou...

Hoe lekker speel ek met Pappa se ou keyboard...
Lief vir jou my engel, tot ek vanaand weer skryf!
1 comments:
Ag mamma, BAIE GELUK!!! Ek kannie glo hy is 1 nie! Tyd vlieg te vinnig! Hy is pragtig!!!
Post a Comment