Jy het op 30 Maart 2 nuwe onderste tandjies gesny. Nou het jy 4 bo en 4 onder! Mamma is so trots op jou.
Jy het nie baie lekker geslaap die sondag aand nie (28ste) en was baie wakker gewees, ons het jou naderhand maar by ons in die bed gesit, dit was net makliker. Jy wou ook heeltyd drink, maar Mamma dink dis omdat jou oortjies nou maar elke keer gaan pla as jy tande sny of siek is. Al het jy grommets in, sal hulle steeds seer wees, maar darem nie SO seer soos dit sou wees sonder hulle nie. Die pediater het ook gesê elke keer as jy tande sny of 'n verkoue het dan sal jou oortjies dreineer... Dit het ons gesien so van die donderdag af en die dinsdag was die tandjies uit.
Dan het jy saterdag - 10 April 2010 - op 12.5 maande jou eerste 3 treetjies gegee. Dit was maar piepklein treetjies, meer soos skuif treetjies. Pappa het vir jou 'n stukkie paaseier gegee in die kombuis, jy het teen hom opgestaan en nader geskuif sonder om aan hom vas te hou om by sy hand uit te kom om die stukkie te kry. En natuurlik toe ons dit wou afneem toe wou jy nie meer nie! Nou elke keer as ons probeer dan raak jy kwaad, gaan sit en huil, so asof jy nie wil nie! Ons lag maar net. Sal aanhou probeer tot ons jou vang op kamera!
Lief vir jou baie baie my groot seun! Mamma is trots op jou!!
Tuesday, April 13, 2010
Nuwe tandjies en 'n paar treetjies!
Posted by Monzelle de Villiers at 9:42 AM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 comments:
Post a Comment