1 jaartjie oud!!!
So word jy wakker, die oggend van jou verjaarsdag!
Jou CAT bulldozer wat jy gekry het, Sam is mos jou eintlike geskenk wat jy al lankal gekry het, maar ons kon nie NIKS vir jou gee op die dag nie, toe koop ons vir jou die trokkie...


Pappa en Mamma saam met jou op jou verjaarsdag!

***
My liefie kind, jy is 1 jaartjie oud! Mamma en Pappa kan nie glo die tyd het so vinnig verby gegaan nie... Dit voel REGTIG soos gister wat jy gebore was!
Baie geluk ons groot seun, mag Liewe Jesus vir jou nog baie jare spaar, selfs wanneer ons nie meer hier is nie. Jy is 'n engel! Jy is ons sonstraaltjie, jy is ons alles. Jy is net 'n seën in ons lewens en ons is so dankbaar vir die liefde wat jy vir ons gee en die plesier wat jy aan ons verskaf.
Ons het gisteraand vir jou 'n koek gebak (Pappa het) wat jy net kon opmors en by jouself eet, jy het dit baie geniet!
***
Lekker laf op die bank, jy kan nou al self afklim!

Hier is 'n paar foto'tjies van jou koek-eet-episode:
Saterdag is jou groot partytjie, Mamma hoop en bid net die reën bly weg, want anders gaan ons in die modder sit.
Pappa en Mamma is baie lief vir jou! Dankie vir die liefde wat jy vir ons gee!
XXX






0 comments:
Post a Comment