Wietsie het 3 geword op 15 Junie en ons was Saterdag 19 Junie na sy "pirates en princesses" partytjie by Shokran, hier in Garsfonteinweg. Dit was SOOOOO oulik en jy het regtig soos die oulikste pirate gelyk!






Wietsie het 3 geword op 15 Junie en ons was Saterdag 19 Junie na sy "pirates en princesses" partytjie by Shokran, hier in Garsfonteinweg. Dit was SOOOOO oulik en jy het regtig soos die oulikste pirate gelyk!






Posted by Monzelle de Villiers at 2:53 PM 0 comments
Iewers tussen die week van 13 - 19 Junie het jy jou 4de kiestandjie (12de tand in totaal) gesny.
Jy het bietjie by ouma gaan kuier. Tussen ouma, ouma groot en oupa Bill en ouma Spiff het jy lekker gekuier. Mamma was op 2 weke siekverlof en kon nie weer 'n week verlof vat nie, Pappa was ook op verlof om na jou te kyk en die skool was gesluit vir die week, so jy het bietjie gaan kuier.
Jou tandjie was al daar, mens kon sien hy is oppad, maar nog nie deur nie en toe iewers in die week wat jy weg was het hy sy verskyning gemaak!
Mamma is so trots op jou!
(Nog net 8 om te gaan!)
Posted by Monzelle de Villiers at 11:35 AM 0 comments
Die wereldbeker is hier en ons was "uitgekit" vir die okkasie...Dit lyk of ek my balletjie skop!
Ek kry n tattoo op my wang van Mamma...


Posted by Monzelle de Villiers at 2:50 PM 2 comments
So het Mamma jou al die laaste week of wat goed ge-prodol, met die onderste linker kiestandjie wat oppad is, dat ek nie eers agtergekom het dat die boonste regter kiestandjie sommer so in die stilte sy verskyning gemaak het nie.
Jou regter oortjie het vreeslik uitgeloop Dinsdag 25 Mei, so ek reken dit is toe die tandjie gesny het, want toe ek hom gister sien was hy al van so aard dat dit 'n paar dae se groei gehad het. Yeah, ongemerk en sonder probleme, jy slaap steeds deur, al amper vir 'n maand nou.
Die onderste tandjie het dan ook nou gesny gister (29 Mei) nou het jy 11 tandjies. 3 kiestande klaar, 5 om te gaan...
Posted by Monzelle de Villiers at 1:12 PM 0 comments
Vandag is jy 14 maande oud. Sjoe! En vir die eerste keer in 'n lang tyd skryf ek betyds op jou blog. Oor hopenlik 4 maande skuif ons jou na jou eie bedjie (die meer die kot nie) en dan begin ons potty train (tensy jy voor dan wys jy is reg daarvoor) Oor seker so 2 of 3 maande van nou af skuif jy ook na die volgende klassie in die skool, dan is ons darem klaar met die trappe klim vir 'n rukkie!

Posted by Monzelle de Villiers at 9:46 PM 0 comments
Foto's op my "ou" foon...
'n Foto van jou die eerste aand (ons was nog in die hospitaal en dit was net na 'n voeding), dit was omtrent 2am, Dinsdag oggend (24 Maart 2009) jy was wawyd wakker en het net vir my gele en loer. Dit was ook die eerste keer wat jy jou ogies langer as 'n paar sekondes oop gehou het...
'n Week oud, 30 Maart 2009, regte engeltjie
Ons eerste "grocery shopping" uitstappie
Die eerste keer wat jy 'n dummy gesuig het (5 weke oud)
Een van jou eerste glimlaggies
...'n terugblik in die "argiewe"...
Posted by Monzelle de Villiers at 10:53 AM 3 comments
Posted by Monzelle de Villiers at 5:25 PM 0 comments