Jy is nou al vir amper 2 weke al verby die 13 maande merk en Mamma skryf nou eers, ek is mos maar altyd bietjie stadig jong.
Jy is bietjie siek op die oomblik, Mamma het jou probeer dokter die laaste week met alles wat ek al geleer het en al die medisynes wat ons al so met die jaar bymekaar gemaak het, maar dit het nie beter geword nie. Jy is weer baie slymerig, hoes en bring op, neusie toe, keel rooi en seer (faringhitis) en dit het gister gelyk of jy hooikoors het, jou hele gesiggie was sommer rooi en geswel, jy het aanhoudend genies en mens kon sien jou ogies was rooi en jukkerig. Glad nie goed geslaap die naweek nie, Mamma hou niks daarvan as jy nie lekker is nie, want ek kan niks meer vir jou doen nie. Ons was daarom gisteraand ongevalle toe met jou en daar het jy bietjie antibiotika gekry (ek sou graag dat jy nie weer op 'n kurses moes gaan nie) maar nou ja, dit was nodig.
Vandag het jy sommer 5 ure aaneen geslaap van 9am tot 2pm, sjoe! Jy is so pap ek dink daai ou lyfie het die rus nodig. Jy is nog nie reg nie, maar lyk darem bietjie beter.
Jy loop ook nou die hele wereld vol en is al so gemaklik en het jou balans so mooi al geleer. Jy begin nou al hoe vinniger loop dat dit lyk of jy sommer wil hardloop.
Gister het ons die speletjie gespeel waar jy agter die gordyn wegkruip en dan kom jy uitgeloop en dan se jy: "daar's hy"! Dit is so oulik!
Anders gaan dit goed met jou!
Mamma is baie lief vir jou my bokkie!
0 comments:
Post a Comment