Vandag is jy 14 maande oud. Sjoe! En vir die eerste keer in 'n lang tyd skryf ek betyds op jou blog. Oor hopenlik 4 maande skuif ons jou na jou eie bedjie (die meer die kot nie) en dan begin ons potty train (tensy jy voor dan wys jy is reg daarvoor) Oor seker so 2 of 3 maande van nou af skuif jy ook na die volgende klassie in die skool, dan is ons darem klaar met die trappe klim vir 'n rukkie!
Vrydag was "oupa en ouma" dag by die skool. Dit was die eerste keer wat die skool so spesiale dag gehou het en dit was maar lekker bedrywig, siende dat al die kinders in die skool (en daar is seker omtrent 200) se oupa's en ouma's daar was. Almal het foto's geneem (ons wag nog dat die skool dit vir ons ontwikkel) en lekker tee en koffie gedrink, terwyl die groter kinders vir al die oupa's en ouma's gesing het. Hulle het ook gesien wat julle in julle klassies doen en hoe dingetjies werk deur die dag. Ouma "Nini", Oupa en Ouma groot (Engelbrecht) en Ouma groot (Lalla) was daar. Oupie en Oumie kon ongelukkig nie daar wees nie, want Oumie se knieg is baie seer, sy gaan volgende week vir 'n operasie, en sy kon nie die trappie klim bo na jou klas toe nie. Oupa "Boeta" was ook by die werk en kon nie daar wees nie, alhoewel ons weet hulle wou almal graag in jou eerste Oupa en Ouma dag deel. Oupa Wiets was ook by die werk. Mamma het gou-gou gaan inloer van die werk af om te kyk hoe dit daar gaan en dit was lekker pret.
Jy onderste kiestandjie is besig om te sny, ek dink nog so dag of twee dan is hy deur, ek kan al die wit puntjies sien deurskyn deur die tandvleis, maar hy het nog nie die tandvleis deurgesny nie. Dan het jy nou al 10 tandjies. Dit is maar lekker seer, mamma kan sien dit is nie lekker vir jou nie, maar ons smeer hom en gee jou medisyntjies en ek hoop maar dit maak dit beter.
Jy loop/hardloop/val ook nou die hele wereld vol, regte klein karnallie!
Jy gesels lekker met almal en om jou laggies en praatjies in die huis te hoor is die beste geluid in die wereld,
Jy word elke dag net ouliker en ons geniet jou so so baie!
Gister het Ouma groot (Spiff) jou hare vir die HEEL eerste keer gesny, jy was baie soet en het doodstil gesit totdat sy klaar was, nou lyk jy sommer weer "splinter nuut" jou kuifie was darem baie lank en het sommer in jou ogies gehang, maar nou is jy weer mooi "getrim"

Mamma werk hard aan jou "scrapbook" en hoop om sommer binnekort jou "jaar 1" boek te laat druk. Dit is lekker om so terug te kyk hoe jy groot geword het. Mens kan nie glo jy was so klein nie, want jy is nou al 'n regte egte mensie... Jy moet lekker slapies, jy is al lankal in die bed, dan speel ons weer more!
Liefde
Pappa en Mamma
0 comments:
Post a Comment