Sunday, May 30, 2010

Nr. 10 en 11

So het Mamma jou al die laaste week of wat goed ge-prodol, met die onderste linker kiestandjie wat oppad is, dat ek nie eers agtergekom het dat die boonste regter kiestandjie sommer so in die stilte sy verskyning gemaak het nie.

Jou regter oortjie het vreeslik uitgeloop Dinsdag 25 Mei, so ek reken dit is toe die tandjie gesny het, want toe ek hom gister sien was hy al van so aard dat dit 'n paar dae se groei gehad het. Yeah, ongemerk en sonder probleme, jy slaap steeds deur, al amper vir 'n maand nou.

Die onderste tandjie het dan ook nou gesny gister (29 Mei) nou het jy 11 tandjies. 3 kiestande klaar, 5 om te gaan...

0 comments: