Tuesday, June 23, 2009

3 maande oud en 'n "photo-shoot"

3 maande oud presies!Vandag is jy 3 maande oud, ek kan dit nie glo nie en soos elke maand voel dit vir my of dit net vinniger gaan elke keer. Soms word ek wakker en verbeel my jy het oornag groter geword, dalk is dit waar, want dit voel so...

Jou laggies word meer, harder en baie spontaan, jy lyk nog altyd skaam as jy lag, dis die cuteste, die suig en lek is steeds daar, aan alles... Jy skop lekker met jou beentjies, swaai jou arms, en verkyk jou aan alles wat helder kleure het, jou ogies is baie wakker.

Vandag was ook DIE dag. Ek het myself elke keer belowe ek gaan jou afneem as jy in 'n nuwe pakkie klere of ietsie aangetrek is, sodat ek altyd kan onthou hoe jy in elke liewe kleeding stukkie gelyk het. Ek het dit nooit gedoen nie... Vandag was die laaste. Ek en jy het 'n hele photo-shoot gehad... Ek het elke stukkie klere (die wat ek nou al gebere het wat nou te klein is vir jou) aangetrek, en dit maak pas en jou afgeneem, die broekies sit dalk nie meer by jou kniee of enkels nie, meer om jou bo-bene soos 'n short, maar aangetrek het jy, selfs al was dit nou New born (3 maande oud in new born klere, wat 'n sport was dit nie!). Nou kan ek darem altyd onthou hoe het jy gelyk in die klere, al is dit bietjie kort en styf...
(In 'n new born pakkie ingedruk op 3-maande, gewoonlik het die broekie tot by jou kniee gekom!)

In die nagte slaap jy soos 'n droom, maar dis darem al so vandat jy 8weke oud is en deurslaap sonder 'n voeding en nou het jy al in die laaste week so paar aande in 'n ry geslaap sonder om eers te moan vir jou dummy, dan word jy eers hier by 4am of 5am wakker. Saterdag oggend het ons wakker geword met jou geluidjies oor die monitor soos jy 5:30 in jou kot le en jouself entertain, dit was baie snaaks. Ek was sommer so trots op jou, jy hoef nie te moan as jy wakker word nie, jy le en wag geduldig vir ons om jou te kom haal, tot dan speel jy sommer self... Een van die dae klim jy self daar uit en kom spring seker op ons bed... Mmmmmmm. Darem nog 'n rukkie toe ons daar kom....

Lekker groei my groot seun, Mamma is lief vir jou!

Thursday, June 18, 2009

En so groei ons...

Jy bestudeer jou vingertjies, wonder seker of dit regtig joune is en hoe werk dit nou eintlik?

Ons was gister weer vir jou volgende inspuitings en dit het baie goed gegaan, jy het amper nie eers gehuil nie, net 'n vinnige wwwweeee met die een en 'n langer wwwwwwweeeeeeeeeeee met die ander ene en toe is dit verby. Solank jou dummy in jou mond is dan vergeet jy wat gebeur...
Jy is nou al 12 wekies oud, ek kan dit nie glo nie... Jy weeg 5.67kg, is al 61cm lank en jou kop omtrek is 39.5cm. Alles nog mooi en goed op dreef volgens al die kaarte en groei-grafieke en dinge.

Ek en Pappa het vir jou 'n Bumbo-seat gaan koop die naweek, nou kan jy bietjie oefen om nog sterker in jou nek en ruggie te word, jy sit al te lekker in hom... Soos die foto wys.

Dan het jy ook nou begin om alles te suig en lek en in jou mond te sit. As dit nie jou dummy is nie, dan is dit jou vingers, as dit nie jou vingers is nie, dan is dit jou komberse of jou zips, of sommer jou vessies as mens jou aantrek. Te oulik dink ek.
Jou laggies en geselsies word net al hoe meer en al hou ouliker, selfs al is dit middernagtelike ure, maar jy word nie regtig meer wakker in die nag nie, moan net vir 'n bietjie omdraai en vir jou dummy, jy maak nie eers jou oe oop nie!!!

Ons is ampertjies op die 3 maande merk, kan dit nie glo nie, jy word te vinnig groot. Heeltemal te vinnig.

Liefde Mamma

Tuesday, June 2, 2009

Eerste verkoue!

En so kry jy toe jou eerste verkoue, ek het gister agtergekom jou neusie is lekker toe, jy slapies baie en hoes en nies en jou ogies traan heeltyd. Baie mense is nou siekerig en ons het kuiermense gehad oor die naweek (hulle is albei nou siek) en dis dan seker waar jy dit gekry het.

Ek dokter jou nou maar met stropies en hoop jy voel gou gou beter!

Ek het donderdag and vrydag klas in Midrand, maar as jy nie beter is nie dan gaan ek nie soontoe nie en eerder by jou bly. Ons sal iemand moet kry om jou op te pas dan. Daar gaan inelkgeval nie veel by die klas aan nie, hulle se vir jou net wat klaar in jou boeke staan en wat jy aandag aan kan gee. Bietjie boring.

Word gou gesond my goggatjie!
Mamma

Monday, June 1, 2009

2 maande oud!

Ek is bietjie agter die hele tyd. Jy is vandag 10 weke oud en weereens skryf ek nou eers. Dinge was nogal besig hier by ons, Pappa het die studeer/gaste/server kamer reggekry en met alles wat so besig was het ek net nie tyd gehad om op die internet te gaan en te skryf nie. Maar nou kan ek opgaan en ek kan na hartelus doen wat ek wil...

Hier is jy presies 2 maande oud!


Jy het al vir jou eerste inentings gegaan, dit was vir my erger as vir jou dink ek. Jy het gehuil, maar nie vreeslik nie, een souit op die bobeen, bietjie geskrik en toe nog een op die ander been en toe ek jou dummy vir jou gee is jy dadelik stil. Jy het nie eers siek geword daarna nie. Net lekker geslapies die res van die dag.

Ons gaan alweer oor 2 weke vir die volgendes, ek hoop maar dit is net so maklik soos die wat reeds verby is.

Jy begin ook na al lekker gesels, en lag. As mens vir jou tong uitsteek dan doen jy die ook! Jy is darem maar so slim en oulik!

Ons was vrydag by 'n baie oulike skooltjie waarheen ons jou wil vat as ek weer begin werk, die skool se naam is: Prinsies en Prinsessie. Ek dink jy gaan baie van die plekkie hou en sommer lekker maatjies maak daar!

Soet wees mannetjie!
Liefde Mamma

Wednesday, May 6, 2009

1 maand oud!

Dis bietjie laat, want jy is nou al 6 weke oud, maar hier is jy presies 1 maand oud!

Ek kan nie glo die tyd gaan so vinnig nie, ek kan nie ophou kyk vir jou nie en selfs al is jy hier mis ek jou soms, sommer net terwyl jy slapies... Darem is ek nog 'n ruk by die huis saam met jou, maar ek is al klaar nie eers lus om te dink ek moet een of ander tyd terug gaan werk toe nie, ek sal vir altyd by die huis kan bly saam jou, dit is tog lekkerder as enige iets anders op hierdie stadium! Elke glimlaggie (ja jy het begin glimlag nou!!! net so 2 dae voor jy 6 wekies oud was en op presies 6 weke het ons dit die eerste keer op kamera gevang) en elke ou geluidjie is kosbaar, en lekker om te hoor, want dit is alles vir jou nuut, maar ook vir ons, ons ken nie die geluidjies en die gesig trekkies nie, so ons leer ook met elke keer ietsie nuuts wat ons nog nooit beleef het nie, dis spesiaal!
Hier is jou eerste glimlag op kamera!
Ag ons is so liegie ge jou, jy is 'n engeltjie!!!!

Tuesday, April 21, 2009

Jy is hier!

Hier is jy 1 daggie oud!Dis nou al 29 nadat jy gebore is en ek skryf nou eers!

Sover was dit nog die beste 29 dae van my lewe, Pappa sin ook... Jy is 'n engel, die dierbaarste, soetste klein dingetjie.

Jy is gebore, 23 Maart 2009, 4:07am, dit was 'n maandag oggend, jy het 3.215kg geweeg en was 47cm lank met geboorte, jou kop omtrek was 36cm.

Die kraam was "maklik" dalk dink mense ek maak 'n grap, maar dit was regtig soveel makliker, vinniger en basies pynloos. Ons het die sondag aand van die 22ste Maart hospitaal toe gegaan, ek was 39weke en 5dae swanger, so ampertjies volterm. Ek en Pappa was baie opgewonde, want ons het geweet teen die volgende oggend sal jy by ons wees, dit was net 'n kwessie van hoe laat. Ons was 22:00 by die hospitaal, want die dokter wou 'n induksie doen, dit het so teen 23:00 gebeur. Pappa was by my tot so 23:30. want die suster het vir my 'n slaappil ook gegee en toe vir hom gese dit help nie hy sit by my nie, want ek gaan inelkgeval slaap, hy kan maar huistoe gaan en dan sal hulle/ek hom net bel as die tyd reg is. Ek het al my make-up afgewas, my hare sommer net op my kop vasgemaak en in my pajamas geklim en reggemaak om dan nou maar bietjie te slaap, want dit gaan mos 'n rukkie vat het ek gehoor. Ek het net so begin wegraak toe ek 'n drukking op my stuitjie voel. Die suster het gese ek moet haar roep as ek enige pyn of iets het en ek het haar geroep en gese ek kry die gevoel en dit raak beter as ek bietjie rondloop, sy het toe vir my 2 panado's gegee en 'n warm 'bean-bag' wat ek net so op my stuitjie kan hou om die "pyn" bietjie te verlig. Sy het 'n ondersoek gedoen en het gese die dinge is maar net stadig aan die gebeur, ek kan maar rustig probeer verder slaap as die panado bietjie begin help. (Blykbaar was ek 'n vingerpuntjie ontlsuit op daardie stadium)

Ek het maar probeer slaap, maar dit wou nie werk nie, en omdat almal en al die boeke se mens kry kontraksies het ek nie besef dit is my "kontraksies" nie, omdat dit net die gevoel op my stuitjie was, ek het niks gevoel op my maag nie. So ek het gedink daar is nog baie tyd, totdat Pappa die volgende oggend weer kom en dan by my bly tot alles verby is. Ek het net weer so begin wegraak toe die gevoel weer terug kom, so dan loop ek maar so bietjie om die bed dan gaan dit weg en dan klim ek weer in die bed, dan kom dit terug. Dan voel dit ek wil pieps, maar niks wil gebeur nie. So het dit die hele aand aangegaan tot omtrent 3:00am, toe word ek naar en siek en toe roep ek maar die suster so 3:30am se kant. Sy het gekyk en ek was 10cm ontsluit. Ons moes dadelik na die kraamsaal gaan, ek het Pappa vinnig gebel en hulle het die dokter gebel, want jy was oppad en niks kon jou nou meer keer nie.

Terwyl ek in die kraamsaal gele het met my groen hospitaal rokkie aan (ek kan nou nog nie onthou hoe het ek in daan hospitaal rokkie gekom of hoe het ek in die kraamsaal gekom nie) het die 2 susters vir my entonox gas gegee om in te asem, want ek voel net heeltyd ek wil druk, maar ek moet wag, want die dokter is nog nie daar nie, Pappa is nog nie daar nie en my water het nog nie gebreek nie. Ek het maar gele en suig aan daai gas soveel ek kon, tot die volgende oomblik toe my water breek! Dit was baie weird, net soos a balonnetjie wat ontplof. Ek was eintlik bly dit het self gebeur en die dokter moes dit nie vir my doen nie, want ek wou voel hoe voel dit... Nou kon ons dit nie meer keer nie en of die dokter nou betyds kom of nie, die proses moes aangaan, so hulle het die gas weggevat, my reg laat le en gese as ek voel ek moet druk, dan moet ek, want jy is nou oppad.

Gelukkig het Pappa binne minute daar aangekom, en die dokter net so agter hom. (Pappa se parkeer kaartjie het gewys hy was 3:45am by die hospitaal in) Nou was dit regtig net die laaste bietjie wat voorle tot jy daar is, die dokter en susters het my mooi gehelp en gese wanneer ek wat moes doen en jy was 4:07am gebore, baie vinnig, Pappa het jou naelstring geknip, die suster het jou geweeg, jou naam aangesit en jou toegedraai en vir Pappa gegee, en daarna kon ek jou ook vashou. Ek het ook eers vinnig 'n koppie swart rooibos tee gedrink met suiker, want my bene het vreeslik begin bewe na die hele proses.

Ons het na die kamer terug gegaan, ek het gou gestort en vars aangetrek en toe is ons deur na die kraamsaal waar ons die volgende 3 dae spandeer het, dit was lekker.

Dit was die mees ongelooflikste oomblik van my lewe! Jy was so klein, maar so perfek, alles is daar wat daar moet wees en jy het my hart van die eerste sekonde af gesteel.

Ek is so bly jy is nou met ons, ek mis die swanger gevoel nogsteeds, maar om jou hier by ons te he is soveel beter! Dit is regtig die mees amazingste ding op aarde en ons is klaar so lief vir jou!

Monday, March 9, 2009

15 dae!

Dis al wat oor is seuntjie pop! Net 15 daggies - maksimum (dis nou as jy nie besluit om later uit te spring nie) dan kan dit nog miskien 29 dae wees!!!! Maar ek het so gevoel jy gaan OF op tyd wees, OF vroeg... Nie baie nie, maar wel!

Ek is so te sê klaar met jou hang gordyne, ek moet vanaand net die lining vaswerk aan die voorkant en dan net die lengte meet en soom, dan het jou kamer uiteindelik gordyne!! Ek maak ook hierdie woensdag klaar met werk, so donderdag en vrydag beplan ek om al jou laaste kleertjies te was (omtrent 80% is al klaar) om die blind te maak en ook jou kant-gordyn. Dan moet ek net jou kaste regpak en uitpak met al jou klere op die regte plekke en jou 2 prentjies verf op canvas, maar dit is darem vinnig (dis nou as jy jou ma ken en vinnig in relatiewe terme opweeg)

Andersins is ons albei se hospitaal sakke gepak (die nodige is in vir ingeval iets binne die volgende dag of 2 gebeur, ek wil die naweek net alles noukeurig deurgaan en seker maak daar is nie dalk ietsie ekstra of so wat moet in nie, maar na die komende naweek sal hulle reg wees tot op die nommer en van daar af altyd saam met my in die kar wees of reg staan by die deur as ek moet spring)

Pappa het die karstoeltjies in albei karre gesit en nou is dit ook alles gereed dat jy saam met ons kan rondrits wanneer die tyd aanbreek!

Andersins sien ons net baie uit na jou koms en ons tel letterlik die dae af...

Jy groei lekker (2.8kg's met jou laaste scan 2weke terug) en andersins woel jy lekker!

Ons is amper daar, ek is seker jy kan ook nie meer wag nie!

Sien jou amper!

Liefdes
Mamma