Monday, June 1, 2009

2 maande oud!

Ek is bietjie agter die hele tyd. Jy is vandag 10 weke oud en weereens skryf ek nou eers. Dinge was nogal besig hier by ons, Pappa het die studeer/gaste/server kamer reggekry en met alles wat so besig was het ek net nie tyd gehad om op die internet te gaan en te skryf nie. Maar nou kan ek opgaan en ek kan na hartelus doen wat ek wil...

Hier is jy presies 2 maande oud!


Jy het al vir jou eerste inentings gegaan, dit was vir my erger as vir jou dink ek. Jy het gehuil, maar nie vreeslik nie, een souit op die bobeen, bietjie geskrik en toe nog een op die ander been en toe ek jou dummy vir jou gee is jy dadelik stil. Jy het nie eers siek geword daarna nie. Net lekker geslapies die res van die dag.

Ons gaan alweer oor 2 weke vir die volgendes, ek hoop maar dit is net so maklik soos die wat reeds verby is.

Jy begin ook na al lekker gesels, en lag. As mens vir jou tong uitsteek dan doen jy die ook! Jy is darem maar so slim en oulik!

Ons was vrydag by 'n baie oulike skooltjie waarheen ons jou wil vat as ek weer begin werk, die skool se naam is: Prinsies en Prinsessie. Ek dink jy gaan baie van die plekkie hou en sommer lekker maatjies maak daar!

Soet wees mannetjie!
Liefde Mamma

0 comments: