Tuesday, June 2, 2009

Eerste verkoue!

En so kry jy toe jou eerste verkoue, ek het gister agtergekom jou neusie is lekker toe, jy slapies baie en hoes en nies en jou ogies traan heeltyd. Baie mense is nou siekerig en ons het kuiermense gehad oor die naweek (hulle is albei nou siek) en dis dan seker waar jy dit gekry het.

Ek dokter jou nou maar met stropies en hoop jy voel gou gou beter!

Ek het donderdag and vrydag klas in Midrand, maar as jy nie beter is nie dan gaan ek nie soontoe nie en eerder by jou bly. Ons sal iemand moet kry om jou op te pas dan. Daar gaan inelkgeval nie veel by die klas aan nie, hulle se vir jou net wat klaar in jou boeke staan en wat jy aandag aan kan gee. Bietjie boring.

Word gou gesond my goggatjie!
Mamma

0 comments: