Tuesday, June 23, 2009

3 maande oud en 'n "photo-shoot"

3 maande oud presies!Vandag is jy 3 maande oud, ek kan dit nie glo nie en soos elke maand voel dit vir my of dit net vinniger gaan elke keer. Soms word ek wakker en verbeel my jy het oornag groter geword, dalk is dit waar, want dit voel so...

Jou laggies word meer, harder en baie spontaan, jy lyk nog altyd skaam as jy lag, dis die cuteste, die suig en lek is steeds daar, aan alles... Jy skop lekker met jou beentjies, swaai jou arms, en verkyk jou aan alles wat helder kleure het, jou ogies is baie wakker.

Vandag was ook DIE dag. Ek het myself elke keer belowe ek gaan jou afneem as jy in 'n nuwe pakkie klere of ietsie aangetrek is, sodat ek altyd kan onthou hoe jy in elke liewe kleeding stukkie gelyk het. Ek het dit nooit gedoen nie... Vandag was die laaste. Ek en jy het 'n hele photo-shoot gehad... Ek het elke stukkie klere (die wat ek nou al gebere het wat nou te klein is vir jou) aangetrek, en dit maak pas en jou afgeneem, die broekies sit dalk nie meer by jou kniee of enkels nie, meer om jou bo-bene soos 'n short, maar aangetrek het jy, selfs al was dit nou New born (3 maande oud in new born klere, wat 'n sport was dit nie!). Nou kan ek darem altyd onthou hoe het jy gelyk in die klere, al is dit bietjie kort en styf...
(In 'n new born pakkie ingedruk op 3-maande, gewoonlik het die broekie tot by jou kniee gekom!)

In die nagte slaap jy soos 'n droom, maar dis darem al so vandat jy 8weke oud is en deurslaap sonder 'n voeding en nou het jy al in die laaste week so paar aande in 'n ry geslaap sonder om eers te moan vir jou dummy, dan word jy eers hier by 4am of 5am wakker. Saterdag oggend het ons wakker geword met jou geluidjies oor die monitor soos jy 5:30 in jou kot le en jouself entertain, dit was baie snaaks. Ek was sommer so trots op jou, jy hoef nie te moan as jy wakker word nie, jy le en wag geduldig vir ons om jou te kom haal, tot dan speel jy sommer self... Een van die dae klim jy self daar uit en kom spring seker op ons bed... Mmmmmmm. Darem nog 'n rukkie toe ons daar kom....

Lekker groei my groot seun, Mamma is lief vir jou!

0 comments: