Wednesday, May 6, 2009

1 maand oud!

Dis bietjie laat, want jy is nou al 6 weke oud, maar hier is jy presies 1 maand oud!

Ek kan nie glo die tyd gaan so vinnig nie, ek kan nie ophou kyk vir jou nie en selfs al is jy hier mis ek jou soms, sommer net terwyl jy slapies... Darem is ek nog 'n ruk by die huis saam met jou, maar ek is al klaar nie eers lus om te dink ek moet een of ander tyd terug gaan werk toe nie, ek sal vir altyd by die huis kan bly saam jou, dit is tog lekkerder as enige iets anders op hierdie stadium! Elke glimlaggie (ja jy het begin glimlag nou!!! net so 2 dae voor jy 6 wekies oud was en op presies 6 weke het ons dit die eerste keer op kamera gevang) en elke ou geluidjie is kosbaar, en lekker om te hoor, want dit is alles vir jou nuut, maar ook vir ons, ons ken nie die geluidjies en die gesig trekkies nie, so ons leer ook met elke keer ietsie nuuts wat ons nog nooit beleef het nie, dis spesiaal!
Hier is jou eerste glimlag op kamera!
Ag ons is so liegie ge jou, jy is 'n engeltjie!!!!

0 comments: