Jy bestudeer jou vingertjies, wonder seker of dit regtig joune is en hoe werk dit nou eintlik?
Ons was gister weer vir jou volgende inspuitings en dit het baie goed gegaan, jy het amper nie eers gehuil nie, net 'n vinnige wwwweeee met die een en 'n langer wwwwwwweeeeeeeeeeee met die ander ene en toe is dit verby. Solank jou dummy in jou mond is dan vergeet jy wat gebeur...
Jy is nou al 12 wekies oud, ek kan dit nie glo nie... Jy weeg 5.67kg, is al 61cm lank en jou kop omtrek is 39.5cm. Alles nog mooi en goed op dreef volgens al die kaarte en groei-grafieke en dinge.
Ek en Pappa het vir jou 'n Bumbo-seat gaan koop die naweek, nou kan jy bietjie oefen om nog sterker in jou nek en ruggie te word, jy sit al te lekker in hom... Soos die foto wys.
Jou laggies en geselsies word net al hoe meer en al hou ouliker, selfs al is dit middernagtelike ure, maar jy word nie regtig meer wakker in die nag nie, moan net vir 'n bietjie omdraai en vir jou dummy, jy maak nie eers jou oe oop nie!!!
Ons is ampertjies op die 3 maande merk, kan dit nie glo nie, jy word te vinnig groot. Heeltemal te vinnig.
Liefde Mamma
0 comments:
Post a Comment