Dis al wat oor is seuntjie pop! Net 15 daggies - maksimum (dis nou as jy nie besluit om later uit te spring nie) dan kan dit nog miskien 29 dae wees!!!! Maar ek het so gevoel jy gaan OF op tyd wees, OF vroeg... Nie baie nie, maar wel!
Ek is so te sê klaar met jou hang gordyne, ek moet vanaand net die lining vaswerk aan die voorkant en dan net die lengte meet en soom, dan het jou kamer uiteindelik gordyne!! Ek maak ook hierdie woensdag klaar met werk, so donderdag en vrydag beplan ek om al jou laaste kleertjies te was (omtrent 80% is al klaar) om die blind te maak en ook jou kant-gordyn. Dan moet ek net jou kaste regpak en uitpak met al jou klere op die regte plekke en jou 2 prentjies verf op canvas, maar dit is darem vinnig (dis nou as jy jou ma ken en vinnig in relatiewe terme opweeg)
Andersins is ons albei se hospitaal sakke gepak (die nodige is in vir ingeval iets binne die volgende dag of 2 gebeur, ek wil die naweek net alles noukeurig deurgaan en seker maak daar is nie dalk ietsie ekstra of so wat moet in nie, maar na die komende naweek sal hulle reg wees tot op die nommer en van daar af altyd saam met my in die kar wees of reg staan by die deur as ek moet spring)
Pappa het die karstoeltjies in albei karre gesit en nou is dit ook alles gereed dat jy saam met ons kan rondrits wanneer die tyd aanbreek!
Andersins sien ons net baie uit na jou koms en ons tel letterlik die dae af...
Jy groei lekker (2.8kg's met jou laaste scan 2weke terug) en andersins woel jy lekker!
Ons is amper daar, ek is seker jy kan ook nie meer wag nie!
Sien jou amper!
Liefdes
Mamma
Monday, March 9, 2009
15 dae!
Posted by Monzelle de Villiers at 12:36 PM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 comments:
Post a Comment