3 maande oud presies!
Vandag is jy 3 maande oud, ek kan dit nie glo nie en soos elke maand voel dit vir my of dit net vinniger gaan elke keer. Soms word ek wakker en verbeel my jy het oornag groter geword, dalk is dit waar, want dit voel so...
Tuesday, June 23, 2009
3 maande oud en 'n "photo-shoot"
Posted by Monzelle de Villiers at 1:13 PM 0 comments
Thursday, June 18, 2009
En so groei ons...
Jy bestudeer jou vingertjies, wonder seker of dit regtig joune is en hoe werk dit nou eintlik?
Posted by Monzelle de Villiers at 12:32 PM 0 comments
Tuesday, June 2, 2009
Eerste verkoue!
En so kry jy toe jou eerste verkoue, ek het gister agtergekom jou neusie is lekker toe, jy slapies baie en hoes en nies en jou ogies traan heeltyd. Baie mense is nou siekerig en ons het kuiermense gehad oor die naweek (hulle is albei nou siek) en dis dan seker waar jy dit gekry het.
Ek dokter jou nou maar met stropies en hoop jy voel gou gou beter!
Ek het donderdag and vrydag klas in Midrand, maar as jy nie beter is nie dan gaan ek nie soontoe nie en eerder by jou bly. Ons sal iemand moet kry om jou op te pas dan. Daar gaan inelkgeval nie veel by die klas aan nie, hulle se vir jou net wat klaar in jou boeke staan en wat jy aandag aan kan gee. Bietjie boring.
Word gou gesond my goggatjie!
Mamma
Posted by Monzelle de Villiers at 8:07 AM 0 comments
Monday, June 1, 2009
2 maande oud!
Ek is bietjie agter die hele tyd. Jy is vandag 10 weke oud en weereens skryf ek nou eers. Dinge was nogal besig hier by ons, Pappa het die studeer/gaste/server kamer reggekry en met alles wat so besig was het ek net nie tyd gehad om op die internet te gaan en te skryf nie. Maar nou kan ek opgaan en ek kan na hartelus doen wat ek wil...
Hier is jy presies 2 maande oud!
Jy het al vir jou eerste inentings gegaan, dit was vir my erger as vir jou dink ek. Jy het gehuil, maar nie vreeslik nie, een souit op die bobeen, bietjie geskrik en toe nog een op die ander been en toe ek jou dummy vir jou gee is jy dadelik stil. Jy het nie eers siek geword daarna nie. Net lekker geslapies die res van die dag.
Ons gaan alweer oor 2 weke vir die volgendes, ek hoop maar dit is net so maklik soos die wat reeds verby is.
Jy begin ook na al lekker gesels, en lag. As mens vir jou tong uitsteek dan doen jy die ook! Jy is darem maar so slim en oulik!
Ons was vrydag by 'n baie oulike skooltjie waarheen ons jou wil vat as ek weer begin werk, die skool se naam is: Prinsies en Prinsessie. Ek dink jy gaan baie van die plekkie hou en sommer lekker maatjies maak daar!
Soet wees mannetjie!
Liefde Mamma
Posted by Monzelle de Villiers at 1:00 PM 0 comments
Wednesday, May 6, 2009
1 maand oud!
Dis bietjie laat, want jy is nou al 6 weke oud, maar hier is jy presies 1 maand oud!
Posted by Monzelle de Villiers at 7:08 PM 0 comments
Tuesday, April 21, 2009
Jy is hier!
Hier is jy 1 daggie oud!
Dis nou al 29 nadat jy gebore is en ek skryf nou eers!
Posted by Monzelle de Villiers at 9:51 AM 0 comments
Monday, March 9, 2009
15 dae!
Dis al wat oor is seuntjie pop! Net 15 daggies - maksimum (dis nou as jy nie besluit om later uit te spring nie) dan kan dit nog miskien 29 dae wees!!!! Maar ek het so gevoel jy gaan OF op tyd wees, OF vroeg... Nie baie nie, maar wel!
Ek is so te sê klaar met jou hang gordyne, ek moet vanaand net die lining vaswerk aan die voorkant en dan net die lengte meet en soom, dan het jou kamer uiteindelik gordyne!! Ek maak ook hierdie woensdag klaar met werk, so donderdag en vrydag beplan ek om al jou laaste kleertjies te was (omtrent 80% is al klaar) om die blind te maak en ook jou kant-gordyn. Dan moet ek net jou kaste regpak en uitpak met al jou klere op die regte plekke en jou 2 prentjies verf op canvas, maar dit is darem vinnig (dis nou as jy jou ma ken en vinnig in relatiewe terme opweeg)
Andersins is ons albei se hospitaal sakke gepak (die nodige is in vir ingeval iets binne die volgende dag of 2 gebeur, ek wil die naweek net alles noukeurig deurgaan en seker maak daar is nie dalk ietsie ekstra of so wat moet in nie, maar na die komende naweek sal hulle reg wees tot op die nommer en van daar af altyd saam met my in die kar wees of reg staan by die deur as ek moet spring)
Pappa het die karstoeltjies in albei karre gesit en nou is dit ook alles gereed dat jy saam met ons kan rondrits wanneer die tyd aanbreek!
Andersins sien ons net baie uit na jou koms en ons tel letterlik die dae af...
Jy groei lekker (2.8kg's met jou laaste scan 2weke terug) en andersins woel jy lekker!
Ons is amper daar, ek is seker jy kan ook nie meer wag nie!
Sien jou amper!
Liefdes
Mamma
Posted by Monzelle de Villiers at 12:36 PM 0 comments