Tuesday, September 29, 2009

Kyk hoe lekker swem ons!

Jy het nou begin swem (die 21ste September was jou eerste les) ek doen die Maandae klassies saam met jou en Pappa doen die Saterdae klassies saam met jou. Dis nou nie veel "tegniek" nie, want julle is maar nog almal klein, maar so deur die speel leer julle om gemaklik te wees in die water en die "basics", hoe om te float, aan die kant vas te hou en julle asem op te hou onder die water (daarby moet ons nog uitkom)... Hier is so paar foto'tjies van wat alles in die swembad gebeur.
(Hier is ook 2 video's van Saterdag se swem saam met Pappa, en het jy dit darem nou geniet!)



1 comments:

Kim said...

haai jinne ... hy is te oulik ...

Josh hoop jy swem lekker