
Ek gaan nie jok nie, ek mis die "pap-babatjie" lyfie van jou, maar ek is MAL oor die stewige ou "peuter" lyfie wat jy nou al amper het. So lekker om vas te hou en te druk. Hoe jy al so op jou eie kan sit en speel, hoe jy probeer kruip en daai boude die hoogte instoot, hoe jy gil en "praat" (klink soos ba-ba, pa-pa, ma-ma en die nuutste - da-da), hoe jy nou jou voete vasgryp, jou tone suig, hoe jy glimlag elke keer as jy nies, rondrol die hele plek vol en draai al in die rondte op jou pensie soos jy speel...
Jy is al 'n halwe jaar oud, ek kan dit nie glo nie, mense sê altyd tyd vlieg, maar jy besef nie wat dit beteken totdat jy self daar is nie, TYD VLIEG!! Dit voel soos gister (en ek onthou dit nog soos gister) toe jy gebore is, ek kan nog elke emosie en elke liewe dingetjie van daardie dag onthou, ek dink nie mens vergeet dit ooit nie, maar ek kan sê elke dag daarna word net lekkerder en lekkerder. Jy is regtig 'n pragtige, soet kind. En ons is so lief vir jou!
Lekker "halwe-jaar-verjaarsdag" my boetie seun!
PS. Ek en jy begin 6 Oktober met Moms & Babes, kan nie wag nie.
PSS. Jy was vrydag (25 September) by jou eerste verjaarsdag partytjie, Lara het 7 geword en jy was die kleinste maatjie daar!
3 comments:
Baie geluk met jou "Halwe-Jaarsdag". Die tyd vlieg verseker, net partykeer wens mens, jy kon n "remote" kry sodat jy kan "pause".
Hoop jy het die partytjie sommer baie geniet!
Baie geluk met jou "Halwe-Jaarsdag". Die tyd vlieg verseker, net partykeer wens mens, jy kon n "remote" kry sodat jy kan "pause".
Hoop jy het die partytjie sommer baie geniet!
What a little cutie
Post a Comment