Thursday, September 3, 2009

Siek

Ag my baba, nou is jy siek, net mooi 2 daggies nadat jy begin het met skool en dit ook so geniet het. Ek hou jou nou maar by die huis vandag en more en dan sal jy weer maandag skool toe...

Was by die dokter, klink my gastro is lekker in die omtrek so dis nie juis snaaks nie, maar dis steeds nie lekker dat jy nou met so onderstebo maag moet sit nie.

Darem is jy rustig en dit lyk of jy nou lekker jou tee en ander vloeistowwe inhou, so ons hou duim vas dit bly so, want dis niks lekker om jou so te sien nie en die dokter het so ewe 'n hospitaal bed bespreek vir jou net vir ingeval ons met jou moet hospitaal toe, maar ek glo en vertrou dit sal nie daarby uitkom nie...

Gou gesond word my engeltjie, Mamma is lief vir jou.

O' ja, jy weeg nou 6.8kg en is 68cm lank...

2 comments:

Unknown said...

Shame die arme dingetjie! Hoop hy voel sommer gou beter!

Monzelle de Villiers said...

dankie tannie MO!