Saturday, January 23, 2010
10 maande!
Posted by Monzelle de Villiers at 7:37 PM 2 comments
Friday, January 15, 2010
Een jaar later!
Posted by Monzelle de Villiers at 3:06 PM 0 comments
Al jou mylpale
**Glimlag: 6 weke
(Jy lag nie sommer hardop nie, so dis 'n moeilike een om te "pin point")
**"Gesels" vanaf September 2009 (dalk vroeër, maar dis die vroegste wat ek kan onthou)
**Eerste happie pappies - 22 Julie (4 maande)
**Rol van maag tot rug - 6 Augustus (4 maande 2 weke)
**Rol van rug to maag - 30 Augustus (5 maande 1 week)
**Sit regop by jouself: Vanaf 6.5 maande
**Tand 1 (regs onder) - 8 November (7.5 maande)
**Tand 2 (links onder) - 4 Desember (8 maande 1.5weke)
**Tand 3 (links bo) - 15 Desember (8 maande 3 weke)
**Tand 4 (regs bo) - 21 Desember (ampertjies 9 maande)
**Tand 5 (links kant) - 28 Desember (9 maande 1 week)*Onderste twee tandjies*
*Boonste drie*
**Seil op jou maag vanaf 8 maande (November 2009)
**Kruip op hande en kniee vanaf 20 Desember (net net nog nie 9 maande nie)
**Trek jouself op teen banke, kot, reelings, trallie deur ens. vanaf presies 9 maande (23 Desember)
**Loop met jou walker - 6 Januarie 2010 (9 maande 2 weke)
Ons wag geduldig vir: Tand 6 en jou eerste eie treetjie by jouself!
Posted by Monzelle de Villiers at 2:38 PM 0 comments
Monday, January 4, 2010
Pappa verlang!
Hi my seuntjie, vandag verlang pappa baie na jou. Ek het dit sooo baie geniet so elke dag met jou te speel tydens ons vakansie, en nou moet ek weer by die werk sit en verlang. Ek hoor mamma sê jy het baie geval vandag, wel ongelukkig is dit maar deel van groot word en om te leer loop. Ek wens net ek was daar om jou elke keer te vang sodat jy nie vol blou kolle raak en seer kry nie, maar dit maak jou alles net sterker.
Dit reën nou vreeslik hier by die werk, ek nou verlang ek eers baie na jou. Ek wil maar net jou laat weet dat ek ongelooflik lief is vir jou, ek is trots om te sien dat jy so mooi groei en nou 'n regte klein seuntjie word. Dit het so vinnig gebeur, net "nou-die" dag was jy nog 'n babatjie, en nou speel jy al met jou karretjies!
Pappa kan nie wag dat jy groot genoeg is dat ons buite in die tuin kan bal skop en speel nie. Maar alles kom met tyd.
Joshua, ek is lief vir jou en pappa sien jou net-nou.
Posted by Morné de Villiers at 3:33 PM 1 comments
Kyk hoe groei jy!
Eerste foto op 3 weke, tweede foto op 9 maande en 2 weke... 'n 9 maande verskil!

Posted by Monzelle de Villiers at 12:24 PM 1 comments
Son, see, Kersfees en nuwe jaar
Posted by Monzelle de Villiers at 11:48 AM 1 comments
Wednesday, December 23, 2009
9 maande!
Sjoe, mamma kon alweer van voor af swanger gewees het, ek kan dit nie eers indink nie! Jy is vandag 9 maande oud, tyd vlieg, maar dit sê ons altyd, maar dit is die waarheid!

Posted by Monzelle de Villiers at 7:56 PM 0 comments